SOL-TECH OUDSTUDENTE

Deel van gehalte ambagslui in Suid-Afrika

Die eerste Sol-Tech studente het in 2009 hul kwalifikasie verwerf. Vandag is daar al meer as 3 871 studente wat na die verwerwing van hul beroepskwalifikasie trots met hul rooiseël in die hand staan. Hierdie groep studente vorm nie net deel van die gehalte studente wat deur Sol-Tech opgelei is nie, maar van die ryk geskiedenis van ambagslui wie se handewerk baanbrekerswerk in Suid-Afrika gedoen en nog gaan doen.

OUDSTUDENT GERHARD AKKER VERTEL

My studies by Sol-Tech het vir my soveel deure oopgemaak. Die firma waar ek nou as gereedskapmaker werk, het my al die wêreld vol gestuur en ek voel deel van die maatskappy. Ek het met ’n baie goeie intreesalaris en heelwat voordele begin. Ek is baie dankbaar vir die geleenthede wat ek gekry het.

Daar is ’n groot tekort aan ambagslui in Suid-Afrika. Gehalte-opleiding soos dit wat ek by Sol-Tech ontvang het, laat jou kop en skouers bo die res uitstaan. Jy moet egter steeds bereid wees om hard te werk en jou beste te gee. Dit geld ook vir voornemende studente. Besluit wat jy wil doen en werk dan hard om dit te bereik.

WAARNA KAN JY AS SOL-TECH OUDSTUDENT UITSIEN?

Verskeie aktiwiteite word aangebied, skakel- en netwerkgeleenthede, gereelde Sol-Tech-nuus en nog vele meer!

Jy kan nou lid word van Sol-Tech se oudstudentevereniging en deel bly van dié ryk tradisie en die voortsetting daarvan.

Dateer jou inligting vandag nog op

Dit is vir Sol-Tech belangrik om gereeld met jou kontak te maak.

Help ons om seker te maak dat jou kontakbesonderhede op datum is, voltooi gerus die kort vraelys.

Ons wil graag van jou hoor

Wil jy graag jou loopbaanpad met ons deel of jou storie vertel?

Stuur gerus ‘n e-pos na alumni@sol-tech.co.za en jy kan iemand anders ook inspireer met jou storie. Dit sal lekker wees om van jou te hoor!

SOL-TECH SE OUDSTUDENTE VAAR UITSTEKEND IN DIE BEDRYF:

Sol-Tech het alreeds meer as 3 871 gekwalifiseerde studente sedert sy ontstaan gelewer. Hierdie studente vaar uitstekend in die bedryf en werk suksesvol regoor Suid-Afrika.

BELANGRIKE DATUMS WAARNA JY KAN UITSIEN:

Die oudstudente kuier weer in  2024 saam, die datum word spoedig bevestig.

OUDSTUDENTE VERTEL

Annaretha Fourie se seun, Euvian Fourie, is ‘n afgestudeerde Sol-Tech-meulmaker wat sy Rooi Seël verwerf het en tans oorsee praktiese ervaring opdoen.