Geskenkte bus veilig tot by Sol-Tech gebring
December 10, 2021
Ons kyk dankbaar terug en opgewonde vorentoe
December 15, 2021

5 Veiligheidswenke vir die gebruik van ‘n kragopwekker

Oorweeg jy dit om ‘n kragopwekker aan te skaf? Dan is dié 5 veiligheidswenke vir jou!

Len Winkler, programhoof: elektries, gee die volgende raad oor die veilige hantering van kragopwekkers.

Volgens Winkler is die veilige installering, instandhouding en hantering van ‘n kragopwekker uiters belangrik wanneer só ‘n toestel aangekoop word.

  1. Die installering van ‘n kragopwekker moet altyd deur ‘n gekwalifiseerde elektrisiën gedoen word. Maak seker die persoon wat die installering doen, is by die Departement van Arbeid geregistreer en beskik oor ‘n geldige nakomingsertifikaat.
  2. Dit is ook belangrik dat die elektrisiën duidelike gebruiksinstruksies aan die eienaar gee en dat die eienaar dié riglyne noukeurig volg sodat die kragopwekker veilig aan- en afgeskakel kan word.
  3. “Indien die installering goed gedoen is, is dit nie nodig om met die kragopwekker te peuter nie,” meen Winkler. Die gepeutery sal byvoorbeeld onwettige kragverbindings, soos ‘n kragprop binne die huis insluit.
  4. Ventilasie is baie belangrik en eienaars van ‘n kragopwekker moet verseker dat dit in ‘n goed geventileerde buitevertrek geplaas word. Die deure van die vertrek moet oopbly om te verhoed dat skadelike uitlaatgasse soos koolstofdioksied opeenhoop.
  5. ‘n Kragopwekker behoort ook afgeskakel te word voordat die brandstof opgevul word.

Die volledige  artikel is oorspronklik op Maroela Media op 18 November gepubliseer. Vir die volledige artikel: https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/ongeluk-met-kragopwekker-moes-nie-gebeur-nie/