Droom jy daarvan om met jou hande te werk, en te sien hoe dinge perfek werk nadat jy klaar daaraan gewerskaf het? Laat kodering en die binnewerke van ‘n rekenaar jou hart vinniger klop?
Doen dan vandag nog aansoek om toelating tot studies by Sol-Tech, waar jou drome gestalte kan kry!
Ons hoor jou vra: “Hoe doen ek aansoek?”
Jy kan dit tjoef-tjaf doen deur die volgende paar stappe te volg:
- Gaan na die Sol-Tech webblad – sol-tech.co.za
- Klik heel bo op die DOEN AANSOEK blokkie, die bladsy sal oopmaak op DIE STOOR.
- Nuwe gebruikers / aansoekers klik regs op die REGISTREER PROFIEL blokkie en volg die instruksies. Die stelsel sal jou studentenommer stuur sodra jou registrasie ontvang is.
- Bestaande gebruikers of aansoekers (wat hul studentenommer reeds ontvang het) moet op die BESTAANDE GEBRUIKERS blokkie klik en inteken met a) studentenommer en b) ID nommer waarmee geregistreer is.
- Dan kies jy die My Aansoeke blokkie, as jy vir beroepskwalifikasie of ‘n SIT- (Sol-tech Inligtingstegnologie) program wil inskryf.
- Klik daarna op die Doen aansoek blokkie. (Die beskikbare plekke wat jy sal sien is eers van toepassing aan die einde van die keuringsproses en gedurende registrasie)
- Voltooi die 13 afdelings in die aansoek volledig.
- Laai gesertifiseerde afskrifte (gestempel en geteken deur ‘n Kommissaris van Ede) van jou hoogste voltooide skoolgraad se finale rapport / matriek sertifikaat / ander voltooide kwalifikasie asook ID dokument op waar dit verlang word.
- Dien in aan die einde.
Oorbrugging aansoeke sal deur die Keuringspaneel geëvalueer en verwerk word.
Beroepskwalifikasie aansoekers moet eers die keuringstoets aflê en slaag, waarna die aansoek deur die Keuringspaneel geëvalueer en verwerk sal word.
SIT-aansoeke sal deur die Keuringspaneel geëvalueer en verwerk word.
Enigiets waaroor jy onseker is rondom jou aansoek?
Kontak ons gerus by [email protected], ons help graag!