April Promoveringsplegtigheid: Sol-Tech-studente kyk met afwagting na die toekoms

Op 18 April 2024 het 143 van Sol-Tech se studente tydens ‘n amptelike promoveringsfunksie na die volgende fase van hul studies beweeg. Die prestige-funksie is deur studente, hul ouers en die personeel van Sol-Tech bygewoon.

Dié studente kan met rede breëbors staan: beide die teoretiese- en praktiese werkswinkelfases is onder die belt en hulle kyk met afwagting na die indiensopleiding by goedgekeurde werkers. Sol-Tech is trots op elkeen van die studente, die feit dat hulle oor die verhoog gestap het, spreek duidelik van die harde werk, bloedsweet en lekker tye wat hulle gedra het tot hier!

Een van die hoogtepunte van die promoveringsplegtigheid is die eerste groep vervoer-elektries-studente wat gepromoveer het. Sol-Tech bied sedert 2023 die kwalifikasie aan en dit was ‘n groot voorreg om die eerste studente van dié program te sien promoveer.

Die volgende kwalifikasies is uitgereik:

  • Elektries: 21
  • Meulmaker: 72
  • Megatronika: 10
  • Vervoer-elektries: 2
  • Dieselwerktuigkunde: 23
  • Pas-en-draai: 5

Baie geluk aan die volgende toppresteerders wat as die beste in hul onderskeie groepe aangewys is:

Jhandre Muller: Elektries
Brandon Lensley: Dieselwerktuigkunde
Gerhardt Meyer van Wyk: Meulmaker
Evan Hawkins: Megatroniese Tegnikus
Wyatt Yule Jenkins: Pas-en-draai

Elkeen van die studente is reeds deur Ajani (Sol-Tech se plasingsmaatskappy) by ‘n goedgekeurde werkgewer geplaas en kan hulle die volgende fase van hul studies met ywer aanpak.

Nog nuus