Is jy reg vir ambagdag?
Ambagdag vind hierdie jaar op 15 Maart 2025 plaas en beloof om ‘n wonderlike geleentheid te wees!
Sol-Tech se hart klop warm vir CANSA
Op 28 Februarie 2025 het die Sol-Tech studenteraad vir die eerste keer ‘n “Vrydag Vasbyt” ten bate van CANSA aangebied.
Dis Afrikaans by Sol-Tech
Op 21 Februarie 2025 word Internasionale Moedertaaldag wêreldwyd gevier. Ook by Sol-Tech is hierdie dag belangrik: Die Sol-Tech-plaas is immers al vir baie jare trots Afrikaans, in elke aspek van die woord.
Sol-Tech brug word in gebruik geneem
Die bekende gesegde, bou ‘n brug en kom daar oor, het hierdie week letterlik op die Sol-Tech-kampus vergestalting gekry.
Dit volg nadat die 40 m lange Sol-Tech voetgangerbrug se dele verlede jaar tussen 5-8 Desember eers langs die pad aanmekaargesit is
Sol-Tech-studente stap trots oor die verhoog
Op 6 Februarie 2025 het 151 studente oor die verhoog ten aanskoue van vriende, familie en lektore gestap tydens hul promoveringsplegtigheid op die Sol-Tech-kampus.
Eerste haarkappery-studente spring eersdaags met studies weg
Die eerste haarkappery-studente is waarskynlik al besig om hul skêre en ander toerusting vir die innamedag van 18 Februarie 2025 gereed te kry. Sol-Tech se kraakvars haarkappery-kwalifikasie word vir die eerste keer vanaf Februarie aangebied en daar heers groot opwinding onder beide die voornemende studente én die lektore. Dit volg nadat Sol-Tech op 28 Oktober […]
Rek jou brandstof só
Die sleutels van jou eerste motor voel lekker in jou hand en jy kan nie wag om kilometers op die klok te sit nie. Maar wag ‘n bietjie, ‘n studentemotor kort petrol/diesel en dít is ‘n peperduur kommoditeit.
Sol-Tech-klok bind met elke lui geslagte aanmekaar
Op die Sol-Tech-kampus staan ‘n “nuwe” groot klok wat met elke lui die storie van verbondenheid, geloof en liefde klokhelder oor die kampus laat opklink. Dié klok is op 20 Januarie 2025 tydens die weeklikse Maandagoggend-opening deur Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, onthul. Met sy wortels uit die dorpie Koffiefontein, pryk die klok […]
Eerste VKO-studente promoveer
“Dit was nie kinderspeletjies nie!”
So antwoord die vyf dames onomwonde wat op 31 Oktober na die volgende fase van hul Vroeëkinderjare Ontwikkelingskwalifikasie (VKO-kwalifikasie) gepromoveer het.
Speedos en vellies vir ‘n goeie doel
Tien van Sol-Tech se koshuisstudente het op 1 November 2024 aan die Hollard Daredevil-wedloop van 5 km saam met 7 000 ander mans deelgeneem.