Sol-Tech-klok bind met elke lui geslagte aanmekaar
Op die Sol-Tech-kampus staan ‘n “nuwe” groot klok wat met elke lui die storie van verbondenheid, geloof en liefde klokhelder oor die kampus laat opklink. Dié klok is op 20 Januarie 2025 tydens die weeklikse Maandagoggend-opening deur Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, onthul. Met sy wortels uit die dorpie Koffiefontein, pryk die klok […]
Eerste VKO-studente promoveer

“Dit was nie kinderspeletjies nie!”
So antwoord die vyf dames onomwonde wat op 31 Oktober na die volgende fase van hul Vroeëkinderjare Ontwikkelingskwalifikasie (VKO-kwalifikasie) gepromoveer het.
Speedos en vellies vir ‘n goeie doel

Tien van Sol-Tech se koshuisstudente het op 1 November 2024 aan die Hollard Daredevil-wedloop van 5 km saam met 7 000 ander mans deelgeneem.
Sol-Tech Vonkfees-skenking ten bate van Skooltassieprojek

Die Sol-Tech Vonkfees is elke jaar ‘n hoogtepunt op die kalender. Dié fees bied nie net aan die studente die geleentheid om saam kaskarre te bou, resies te hardloop en te kuier nie; maar om die studente se omgeeharte op ‘n tasbare wyse te laat klop. Daarom word die Vonkfees elke jaar aan ‘n liefdadigheidsprojek […]
Vêr van die huis, maar naby aan SPYS-liefde

Hoe gemaak as jou kind vêr weg is, maar jy hom graag tydens sy eksamen by Sol-Tech wil ondersteun?
Delina Swart wou bitter graag vir haar seun, Nicolaas Swart, op ‘n tasbare wyse in die tyd van sy FISA-
Eerste studente trek by koshuis in

Studente van regoor Suid-Afrika het Saterdag 5 Oktober 2024 by die Sol-Tech Plaashuis ingetrek.
Wat maak ‘n Vonkfees so lekker?

Is dit die blitsvinnige kaskarre waaraan die studente behendig vir weke vooraf beplan, timmer en werskaf? Die uitdaging van die dodelike een kilometer-baan (vra enige student, dit voel baie langer) op die dag self? Of is dit die kuier en sports na die tyd? Vra jy enige student en hulle sal dadelik antwoord dat dit […]
158 studente stap gerat die toekoms in
Die eerste SIT (Sol-Tech Inligtingstegnologie-studente) het ook tydens die funksie hul sertifikate ontvang.
Plaastoer: Ons Bou-standbeeld
Die Sol-Tech-kampus is ryk aan simboliek en herinner aan ‘n plaashuis van ouds.
Die Ons Bou-standbeeld staan in die Werf (die bymekaarkomplek vir die studente)
#JongYster top 5 kandidate aangekondig
ʼn #JongYster is ʼn hardwerkende ambagstudent wat nie terugstaan vir ʼn uitdaging nie, wat oplossingsgedrewe is en uitnemendheid toon in hul prestasies, vaardighede, gesindheid en toewyding. ʼn #JongYster presteer nie net akademies nie, maar neem deel aan ander kampusaktiwiteite en ondersteun medestudente waar hulle kan.