Data en wolk

‘n Data- en wolkpraktisyn help met die ontwerp van nuwe databasisse, moniteer databasisoptrede, interpreteer rou data en omskep dit in bruikbare inligting om datagedrewe besluite te vergemaklik. Inligtingstegnologie is ‘n splinternuwe veld wat vir die eerste keer in 2023 by Sol-Tech aangebied word. Sol-Tech het CompTIA as opleidingsvennoot gekies om gehalte opleiding te bied wat studente indiensneembaar maak.

Meer oor die program

Die doel van die leerprogram is om studente indiensneembaar te maak as ‘n data- en wolkpraktisyn. So ‘n persoon help met die ontwerp van nuwe databasisse, moniteer databasis optrede, interpreteer rou data en omskep dit in bruikbare inligting om data gedrewe besluite te vergemaklik. Groot data (big data) is deesdae ‘n tendens waar tegnologie gebruik word om patrone in data te identifiseer. Wolktegnologie is waar die meeste hedendaagse data gestoor word, daarom integreer ons die twee velde. Wolk sluit die uitrol en outomatisering van sekure wolkomgewings in.

Waarin word ek opgelei?

‘n Data- en wolkpraktisyn moet oor ‘n wye reeks relevante vaardighede in die IT-omgewing en -bedryf beskik. Die leerprogram kombineer bewese CompTIA-leereenhede wat versterk word deur spesifieke addisionele sagtevaardighede, asook ondersteunende praktiese opleiding ten einde te verseker dat suksesvolle studente goed opgelei, afgerond en indiensneembaar is.

Beroepsmoontlikhede

Tegniese bystandspraktisyn, velddienstegnikus, IT ondersteuningstegnikus, IT-administreerder, netwerk administreerder, data-analis, besigheidsintelligensie-analis, rapporteringsanalis, bemarkingsanalis, kliniese analis, besigheidsdata-analis, operasionele analis, wolkprojekbestuurder, datasentrumbestuurder en wolkbesigheidsanalis.

Watter kwalifikasie behaal jy?

Die student ontvang die basiese CompTIA-sertifiserings (sien gedeelte onder leerprogramme) asook (stackable certifications) vanaf CompTIA indien die eksamens suksesvol geslaag word:

‘n Sol-Tech-sertifikaat word ook verwerf indien die program binne die maksimum gegewe tyd voltooi word. Internasionaal word CompTIA-kursusse deur ANSI onderskryf, aangesien dit aan ISO17024 Standaard voldoen.

Meer Inligting

  • CompTIA A+ (Core 1 en 2)
  • CompTIA N+
  • Praktiese blok-week (by Sol-Tech-kampus in Pretoria)
  • CompTIA Cloud+
  • CompTIA Data+
  • CompTIA DataSys+
  • Sagtevaardighede (Entrepreneurskap; Aanpasbaarheid; Kommunikasie; Probleemoplossing; Spanwerk; Kliëntediens)
  • Ontluikende tegnologie
  • Python basiese beginsels
  • SQL basiese beginsels
  • CompTIA eksamens (aanlyn of deur ‘n PearsonVue eksamensentrum)
  • CompTIA A+ (Core 1 en 2)
  • CompTIA N+
  • Praktiese blok-week (by Sol-Tech kampus in Pretoria)

  • CompTIA eksamens (Aanlyn of deur ‘n PearsonVue eksamen sentrum)
  • CompTIA DataSys+

SAGTEVAARDIGHEDE: E-leer assessering

COMPTIA LEEREENHEDE: Assessering vind deur middel van PearsonVUE plaas, met ‘n koeponkode wat aan die student verskaf word. Die koeponkode kan gebruik word om die assessering aanlyn of by ‘n assesseringslokaal te skryf. ‘n Geldige identiteitsdokument is nodig om die eksamen af te lê.

PRAKTIESE OPLEIDING/WERKSWINKELS: Interne assessering vind deur middel van observasie plaas en word teen leeruitkomste en kriteria gemeet.

MAKSIMUM TYDPERK: 18 maande (sien studieooreenkoms).

PRAKTIES: 5 dae (Maandag tot Vrydag).

Suid-Afrikaanse ID-nommer (geboortesertifikaat is nie voldoende nie).

Studente kan op die eerste Woensdag van elke maand met die kursus afskop. 80% van die kursus is aanlyn met selfgerigte leer. Daar is slegs een blokweek per maand. Die blokweek kan geskeduleer word sodra die student A+ Core 1 en A+ Core 2 se CompTIA eksamens geslaag het, en N+ se leermateriaal en virtuele laboratoriums voltooi het.

Rekenaar met minimum: Windows 10 / Mac OS10.13 met ‘n 8 GB RAM, skerm met ‘n 1024 x 768 in 16-bit kleur en ‘n webcam (min. resolusie van 640×480 @10fps) met ‘n mikrofoon.

Voorgestelde konstante Internet spoed van 4 – 10 Mbps aflaai en oplaai.

Van die sertifiserings vereis voortgesette opleiding (continuous education) om geldig te bly. In hierdie geval moet leereenhede elke drie jaar hernu word.

Meer Inligting

  • CompTIA A+ (Core 1 en 2)
  • CompTIA N+
  • Praktiese blok-week (by Sol-Tech-kampus in Pretoria)
  • CompTIA Cloud+
  • CompTIA Data+
  • CompTIA DataSys+
  • Sagtevaardighede (Entrepreneurskap; Aanpasbaarheid; Kommunikasie; Probleemoplossing; Spanwerk; Kliëntediens)
  • Ontluikende tegnologie
  • Python basiese beginsels
  • SQL basiese beginsels
  • CompTIA eksamens (aanlyn of deur ‘n PearsonVue eksamensentrum)
  • CompTIA A+ (Core 1 en 2)
  • CompTIA N+
  • Praktiese blok-week (by Sol-Tech kampus in Pretoria)
  • CompTIA Cloud+
  • CompTIA Data+
  • CompTIA DataSys+
  • Sagtevaardighede (Entrepreneurskap; Aanpasbaarheid; Kommunikasie; Probleemoplossing; Spanwerk; Kliëntediens)
  • Ontluikende tegnologie
  • Python basiese beginsels
  • SQL basiese beginsels
  • CompTIA eksamens (Aanlyn of deur ‘n PearsonVue eksamen sentrum)
  • CompTIA DataSys+

SAGTEVAARDIGHEDE: E-Leer Assessering

COMPTIA LEEREENHEDE: Assessering vind deur middel van PearsonVUE plaas, met ‘n koeponkode wat aan die student verskaf word. Die koeponkode kan gebruik word om die assessering aanlyn of by ‘n assesseringslokaal te skryf. ‘n Geldige identiteitsdokument is nodig om die eksamen af te lê.

PRAKTIESE OPLEIDING/WERKSWINKELS: Interne assessering deur observasie teen leeruitkomste en kriteria

MAKSIMUM TYDPERK: 18 maande (sien Studieooreenkoms).

PRAKTIES: 5 dae (Maandag tot Vrydag)

Suid-Afrikaanse ID nr (Geboorte sertifikaat is nie voldoende nie)

Studente kan op die eerste Woensdag van elke maand met die kursus afskop. 80% van die kursus is aanlyn met selfgerigte leer. Daar is slegs een blokweek per maand. Die blokweek kan geskeduleer word sodra die student A+ Core 1 en A+ Core 2 se CompTIA eksamens geslaag het, en N+ se leermateriaal en virtuele laboratoriums voltooi het.

Rekenaar met minimum: Windows 10 / Mac OS10.13 met ‘n 8 GB RAM, skerm met ‘n 1024 x 768 in 16-bit kleur en ‘n webcam (min. resolusie van 640×480 @10fps) met ‘n mikrofoon.

Voorgestelde konstante Internet spoed van 4 – 10 Mbps aflaai en oplaai.

Van die sertifiserings vereis voortgesette opleiding (continuous education) om geldig te bly. In hierdie geval moet leereenhede elke drie jaar hernu word.

Aansoeke vir die program is NOU oop!

comptia logo 1 1