casper2

Dit gaan goed met ons studente

Die sukses van Sol-Tech se studente in die bedryf, is ‘n belangrike maatstaf vir die sukses van Sol-Tech as instansie.

Wanneer dit met Sol-Tech se afgestudeerde studente goed gaan, gaan dit goed met Sol-Tech.

Casper Pretorius (SR Voorsitter van 2023), is een van ons oud-studente waarmee dit fantasties gaan.

Casper se pa, Philip Pretorius, stuur die volgende boodskap vir ons: “. . .so ‘n stukkie goeie nuus uit die Klein Karoo. Casper is die naweek met die liefde van sy lewe getroud. Hulle hou nou lekker wittebrood en dan val hy volgende week weer in by die kaasfabriek waar hy sy indiensopleiding doen.”

Casper was deel van die dinamiese 21M04-W Meulmaker-groep wat in Junie 2023 by Sol-Tech gepromoveer het. Sedert 11 Julie 2023 is hy by Ladysmith Kaas in Ladysmith geplaas vir die indiensopleidingsfase van sy studies. Casper sal dan ook vroeg in 2025 sy vaktoets aflê.

“Casper kom moeg en vuil van die werk af, maar hy geniet elke oomblik en leer ontsaglik baie”, sê sy pa. “Sol-Tech het vir hom ‘n stewige fondasie gegee en Casper vertel gereeld vir my hoe dankbaar hy vir sy werk en die rigting waarin hy gestudeer het is, en hoe baie hy die tyd by Sol-Tech geniet het. Dankie vir julle bydrae in sy ontwikkelingsproses.”

Baie geluk met julle huweliksbevestiging Casper en Eilah – mag julle ‘n baie geseënde huwelik hê!

Nog nuus