Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia en voorsitter van die Sol-Tech-direksie, het tydens die promoveringsplegtigheid van 4 Mei 2022 as gasspreker opgetree. Visser het vier deugde uit die klassieke tyd geïdentifiseer wat die studente saam met hulle die toekoms in kan neem.
Hiermee ‘n uittreksel uit sy praatjie.
Hier staan julle nou vandag met ʼn uitstekende kwalifikasie, en dalk reeds ʼn werksaanbod. Maar wat is die dinge wat jou nie net in jou werk suksesvol gaan maak nie, maar jou hele lewe?
Dit is goed om so bietjie te gaan delf in die klassieke wêreld om dinge beter te verstaan. Die rede daarvoor is dat slim of wyse mense baie oor ons wêreld kon dink sonder die steurnisse wat ons vandag het – en hulle het baie tyd daarvoor gehad.
Ek wil vandag met julle gesels oor die vier klassieke deugde. Kom ons kyk net eers na die betekenis van die woorde klassiek en deugde:
Klassiek – Die eerste mens van wie ons weet wat hieroor gedink het was Plato. Hy het so 400 jaar voor Christus se koms geleef.
Deugde – Die geneigdheid tot wat goed is.
Hoekom is deugde belangrik? Want dit is die basiese eienskappe wat nodig is vir menslike welstand.
Hier is die vier deugde wat jy met jou kan saamneem:
Hierdie deugde is in katedrale se beeldhouwerk en loodglaskunswerke uitgebeeld om die gemeenskap daaraan te herinner. Die deugde was die aspirasie van die gemeenskap.
Is al vier of net sekere deugde belangrik?
Die deugde vul mekaar aan en bring as geheel ‘n gesonde balans mee.
Mag julle nie net uitnemende vakmanne wees nie, maar mag julle lewe getuig van die kennis en uitleef van: