Sol-Tech-kampus: Steenlegging-muur
Op 20 Maart 2020 het ’n groep mense geskiedkundig bymekaar gekom en ’n klein deeltjie van die nuwe Sol-Tech-kampus se muur gebou.
Met die fisiese neerlê van hierdie stene is daar konkrete vergestalting aan ons groot droom gegee, naamlik om ’n wêreldklas kampus te bou waar ons duisende roepingsgedrewe ambagslui kan oplei – tot voordeel van Suid-Afrika.
Die lede van die groep het bestaan uit: (vlnr op foto) Flip Buys, Marthinus Visser, Paul van Deventer, Steve Scott, dr Dirk Hermann, Tjaart van der Westhuizen, Henk Schalekamp, Francois van Vuuren en dr Philip Minnaar. Tydens hierdie geleentheid het dr Dirk Hermann gesê: “In hierdie moeilike en onseker tye, gee hierdie kampus mens hoop – hierdie kampus wys vir ons daar is ʼn toekoms in Suid-Afrika en dit is nou meer as ooit belangrik dat ons almal saam bou aan hierdie toekoms.”