HUIDIGE STUDENTE

Welkom, Plaasjapies!

Om ‘n Sol-Tech-student te wees is ‘n unieke ervaring.

Híér gaan jy op beide akademiese en persoonlike vlak ontwikkel terwyl jy deel van ‘n heerlike studentelewe vorm!

Sol-Tech se studente word Plaasjapies genoem.

Of jy in die Plaashuis (Sol-Tech se koshuis) woon of van privaat verblyf gebruik maak, maak seker dat jy by die studente aktiwiteite inskakel!

studentemening

Dra jou hart op jou mou

kry jou Sol-Tech t-hemp op kampus

Ontmoet die

studenteraad vir 2025

sr 2

Belangrike datums

Promoveringsplegtighede 2025:

Eerstejaarskampe 2025:

Koshuis Oriëntering 2025:

Word deel van die ryk tradisies en

unieke kultuur op kampus

Word deel van die ryk tradisies en unieke kultuur op kampus

Sing die Roepstem en open saam op Maandae.

Hys die vlag.

Lui die klok na jy klaar ge-FISA is.

Plak jou plaatjie teen die muur sodra jy jou Rooi Seël ontvang het.

Sing die Roepstem en open saam op Maandae.

Hys die vlag.

Lui die klok na jy klaar ge-FISA is.

Plak jou plaatjie teen die muur sodra jy jou Rooi Seël ontvang het.

Promoveringsplegtigheid

Die promoveringsplegtigheid is ‘n spoggeleentheid waar die studente se harde werk beloon word. Dit is ‘n viering van die studente se teoretiese en praktiese fase wat suksesvol voltooi is. Nou wag die indiensopleiding by die werkgewer!x

  • Twee gaste per student kan in persoon die geleentheid bywoon.
  • Die geleentheid word ook aanlyn lewendig uitgesaai (YouTube). Die skakel vir die uitsending word op die dag van die geleentheid op ons Facebookblad geplaas.
  • Togas en skouerbande word gratis aan studente beskikbaar gestel op die dag van die geleentheid.

Formeel, togas word op kampus afgehaal.

TEGNIESE-KWALIFIKASIES:

Meulmaker  (donkerblou); Elektries (ligblou); Megatronika (diep blougroen); Vervoer-Elektries (Outo-Elektries) (donkergroen); Dieselwerktuigkunde (donkergroen); Sweis (wynrooi); Pas-en-Draai (wynrooi); Gereedskapmaker (wynrooi).

NIE-TEGNIESE-KWALIFIKASIES:

Inligtingstegnologie (CompTIA rooi); Vroeëkinderjare ontwikkeling (mandaryn/tangerine) en haarkappery (pers).

Gordon Harris fotograwe behartig alle foto’s tydens en na afloop van die funksie. Bestellings, navrae, en afhaal van alle foto’s kan direk by Gordon Harris gedoen word. Bestellings neem ongeveer 30 werksdae. ‘n SMS boodskap word gestuur sodra ’n bestelling gereed is.

GORDON HARRIS FOTOGRAWE:

Kontaknommer: +27 12 430 3725

Epos: [email protected]

Webtuiste: www.ghphoto.co.za

Adres: 1337 Stanza Bopape Street, Hatfield, Pretoria

Waaraan kan jy deelneem?

KULTUUR

Quiz-aand en Karaoke

SPORT

Rugby, hokkie en netbal

INDUSTRIE

Ambagdag

FUNKSIES

Pa-aand, Ma- aand en ‘n dinee

SOSIAAL

Vonkfees, bierbrou, dameskuiers, ‘n eerstejaarbraai, fliekaand, ‘n verwelkomingskuier, studente sokkies en nog baie meer

Leierskapsontwikkeling

SR-kamp, eerstejaarskamp, SR- en HK-leierskapsontwikkelingprogram

GEESTELIK

Gesamentlike opening en sel-groepe

GEMEENSKAPSDIENS

Opruimprojekte, Vrydag Vasbyt, Bloedskenk, CANSA Shavathon en die Vonkfees

Vonkfees Studentepret

Die Sol-Tech-studente neem jaarliks aan die Vonkfees deel.

Die studente bou hul eie kaskarre en hou dan resies – alles vir ‘n goeie doel.

Dit is vet pret en verseker ‘n unieke studentebelewenis.