Jongyster

#JongYster top 5 kandidate aangekondig

ʼn #JongYster is ʼn hardwerkende ambagstudent wat nie terugstaan vir ʼn uitdaging nie, wat oplossingsgedrewe is en uitnemendheid toon in hul prestasies, vaardighede, gesindheid en toewyding. ʼn #JongYster presteer nie net akademies nie, maar neem deel aan ander kampusaktiwiteite en ondersteun medestudente waar hulle kan.

Solidariteit Student bied jaarliks die #JongYster-kompetisie aan om sodoende ‘n uitnemende Sol-Tech-student vir hul harde werk te beloon.

Nadat verskeie nominasies ontvang is, is ‘n kortlys van agt studente saamgestel wat op 27 Junie 2024 aan die Ambagresies op die Sol-Tech-plaas deelgeneem het. Van saag, boor tot skroewedraaier gooi – die kandidate se vaardighede is behoorlik getoets!

Die top-5 #JongYster kandidate is na die Ambagresies aangekondig. Baie geluk aan elke student- die besonderse ywer en geesdrif waarmee julle die kompetisie aanpak is merkwaardig!

Die top 5 kandidate is: Divan Bornman, Stephan Boshoff, Donae van Deventer, Tertius van Eeden en Daru Pretorius.

Die kandidate word uitgenooi na die #JongYster-onderhoude wat op 9 Julie 2024 gevoer gaan word.

Tydens die onderhoude gaan elke #JongYster-finalis, deur die ander #JouYster-2024 finaliste, ambagverwante vrae gevra word. Hierdie onderhoude tesame met die punte wat tot dusver tydens die kompetisie verwerf is, gaan gebruik word om te bepaal wie die uiteindelike wenner.

Nog nuus