“Vandag se eerstejaars sal oor 10 jaar ʼn werk doen wat nou nog nie eens bestaan nie” – Anton Musgrave
Daar is geen kortpad na sukses nie, maar om jou matriek suksesvol te voltooi kan die ideale en drome wat jy koester, help oopsluit en is ʼn voorvereiste vir alle naskoolse sertifikaat-, diploma- en graadprogramme op tersiêre vlak.
Baie matrikulante weet egter nie noodwendig wát en óf hulle na skool wil studeer nie …
Hier is ʼn paar vrae wat jou sal help om die verskillende opsies teen mekaar op te weeg.
1. Waarom wil ek studeer?
Die eerste vraag om te antwoord is waarskynlik: Waarom wil ek
studeer? Dit is ‘n baie belangrike vraag en as die motivering agter jou besluit
reg is, kan dit ʼn groot invloed hê op die sukses wat jy met jou studies behaal.
Aangesien jy (of jou ouers) heelwat geld en tyd hierin gaan belê, moet jy
regtig geïnspireerd en gedrewe wees om verder te studeer.
Indien jy nog onseker is watter studierigting jy wil volg, kan ʼn sogenaamde “oorbruggingsjaar” baie waardevol wees.
2. Wat wil ek studeer?
Wat jy wil studeer sal beïnvloed word deur waarom jy wil studeer. Indien jy pas klaar is met skool en ‘n loopbaan nastreef waarvoor sekere kwalifikasies ‘n vereiste is, dan weet jy watter kursusse om te oorweeg en waarom dit belangrik is.
Maak seker dat jy mooi oor jou persoonlike belangstellings en loopbaandoelwitte nadink, want dit sal ‘n goeie aanduiding wees van watter rigting jy behoort te volg. Een hulpmiddel wat moontlik kan help is ‘n visiebord. Maak ʼn lysie van jou droomloopbane, die logo’s van maatskappye waarvoor jy wil werk en sleutelwoorde van wat jy wil bereik tydens jou studies. Skryf ook alternatiewe neer en hou in gedagte dat universiteit toe gaan nie die enigste opsie is nie. Jy kan ook indiensopleiding doen of ʼn ambag oorweeg.
3. Hoe om te studeer?
Nuwe tegnologie het ook nuwe onderrigmodelle ontsluit en jy kan kies tussen
afstandsonderrig, kontakonderrig of selfs ʼn kombinasie van die twee (beter
bekend as vervlegde leer).
Afstandsonderrig bied buigsaamheid, bekostigbaarheid en gemak.
Klasse is aanlyn en bied die geleentheid om gelyktydig te werk en te studeer,
indien nodig.
Kontakonderrig het die voordeel van interaksie met lektore van
aangesig tot aangesig (natuurlik met maskers), ‘n kampuslewe en die kans om
nuwe vriende te ontmoet.
Vervlegde leer bied ʼn kombinasie van die twee leermodelle en baie universiteite en ander hoër onderriginstellings gee jou nou kans om dié nuwe manier van studeer te benut.
Instansies soos Akademia bied ook ‘n nauurse onderrigmodel wat afstandsleer met ʼn klaservaring kombineer.
4. Waar om te studeer?
Waar om te studeer is nóg ‘n belangrike faktor wat jou keuse sal
beïnvloed. Dié vraag het nie slegs op die fisiese ligging van die kollege of
opleidingsentrum betrekking nie, maar ook op die tipe leer wat daar aangebied
word, die kwalifikasies wat verwerf kan word en die instansie se reputasie in
akademiese kringe. Daar is ongeveer 648 Engelse beroepskollege-kampusse in die
land en 26 universiteite – om nie eens te praat van privaat
opleidinginstellings nie. Dus kan jou keuse nogal taai wees.
Kyk na die beskikbare kwalifikasieswat verwerf kan word en vergelyk dit met die tipe kwalifikasie wat jy nodig het. Benodig jy ‘n sertifikaat, ‘n diploma, ‘n gevorderde diploma of ‘n graad? Nie alle akademiese instellings bied dieselfde vlak van kwalifikasies aan nie, so jy moet seker maak of jy vir ‘n volle kwalifikasie of ‘n kort kursus moet inskryf, aangesien jy baie tyd en geld in jou studies sal belê.
Volgens ekonome se berekening was daar gedurende 2006 reeds 300 000 vakante poste wat weens ’n vaardigheidstekort nie gevul kon word nie. Moet dus nie ʼn loopbaan in hierdie sektore opsy skuif nie.
Sol-Tech fokus op beroepsopleiding wat tot die verwerwing van nasionaal erkende, bruikbare kwalifikasies lei. Die kwalifikasie wat jy by Sol-Tech verwerf, dien as fondasie om verder te studeer en uiteindelik ‘n erkende ingenieurskwalifikasie te verwerf. Sol-Tech het dus ten doel om jongmense se toekomsdrome met betrekking tot loopbaanontwikkeling deur doelspesifieke opleiding te verwesenlik.
5. Hoe lank neem dit om ʼn kwalifikasie te verwerf?
Hoe lank ʼn mens studeer, wissel na gelang van die situasie, maar hier is ʼn breë aanduiding van hoe lank dit normaalweg neem om ʼn kwalifikasie te voltooi:
6. Hoe gaan ek betaal vir my studies?
Om te studeer kos geld…maar dié aspek is nie iets om voor te skrik nie en dit hoef nie ʼn onoorkombare struikelblok te wees nie. In die meeste gevalle – tensy jy ‘n beurs ontvang – moet jy self vir jou studies betaal, maar selfs hier is daar verskeie oplossings.
Een so ʼn oplossing is die Helpende Hand Studiefondssentrum. Die fonds help met gedeeltelike, rentevrye studielenings vir tersiêre studie (studie wat een jaar of langer neem) aan enige geakkrediteerde instelling in Suid-Afrika.
Voornemende studente kan ook by SFDienste (Solidariteit Finansiële Dienste) aansoek om ʼn studielening doen.
Gaan loer hier vir meer inligting:
Helpende Hand Studiefondssentrum
Hierdie artikel is oorspronklik deur die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum geskryf en op hul webblad gepubliseer. Volg gerus die skakel vir die volledige artikel: https://bit.ly/3rcxpJn