Ek kaart Haarkap Beurs

Knip-knip jou toekoms met haarkappery oop

Sol-Tech bied vanaf 2025 ‘n splinternuwe kwalifikasie in haarkappery aan. Die haarkappery-kwalifikasie is ‘n opwindende toevoeging tot Sol-Tech se programaanbod, waarvan onder andere IT, vroeëkinderjare ontwikkeling en ambagte deel vorm.

Die haarkapper-kwalifikasie bied uitstekende geleenthede vir dames en mans om hulself in die besigheidswêreld te laat geld.

Binne Suid-Afrika se populasie van meer as 60 miljoen mense, maak die gemiddelde mens elke drie maande van ‘n haarkapper se dienste gebruik. Buiten dat daar in die groot behoefte vir hierdie dienste voorsien gaan word, sal Sol-Tech die enigste instansie in Suid-Afrika wees wat die opleiding in Afrikaans bied.

Dié kwalifikasie maak dit vir studente moontlik om hul eie salon oop te maak, vir hulself te werk of om ‘n stoel (infrastruktuur) by ‘n ander salon te huur. So word jongmense met uitstekende vaardighede bemagtig vir ’n mark wat ’n blywende en gereelde behoefte het sodat hulle ’n kern diens in gemeenskappe lewer.  Die haarkappery-kwalifikasie by Sol-Tech gaan gehalte gekwalifiseerde haarkappers aan die mark voorsien, en verseker dat studente kop en skouers bo die res uitstaan

Wat gaan die studente leer? Studente gaan leer om kliënte se hare te versorg en behandel. Hierdie dienste sluit in: haar- en kopvelbehandelings; die sny en stileer van hare en die kleur, permanentevasgolf (krul) asook die chemiese reguit maak van hare in ‘n professionele en veilige omgewing. Die opleidingsfasiliteite op kampus is toonaangewend en uiters stylvol ingerig om op so ‘n manier, met die intrapslag, ‘n blywende hoë standaard te stel.

Daar is opwindende nuus! Solidariteit bied aan elke student wat voor of op die 11de Februarie aansoek doen, ‘n beurs van R60 000 wat van hul studiegeld afgetrek word. Dit is ‘n ongelooflike geleentheid!  So maak seker dat jy vandag nog aansoek doen en begin reeds op 18 Februarie 2025 met jou kwalifikasie!

Besoek gerus die webwerf by www.sol-tech.co.za vir meer inligting.

Nog nuus