Sol-Tech panele vertel die storie van ambagslui deur die geskiedenis
July 6, 2021
Ambagslui hoog in aanvraag
August 10, 2021

Koffiegesprek met Vanessa Verster

Die eerste ses maande op die nuwe kampus is in ʼn oogwink verby en ons kan  terugkyk na ʼn hele aantal opwindende “nuwes” op die kampus. Die inburgering en uitbou van die kampus, die vestiging van ʼn Sol-Tech-kampuskultuur en waardes, en  die realiteite van onderrig en opleiding laat dit behoorlik voel of die tyd vlieg!

 ʼn Kampus met ruimte beteken onder meer dat ʼn studentelewe nou gevestig kan word, ten spyte van die beperkings wat Covid steeds vereis. Die eerste opedag op die nuwe kampus, asook ʼn opbouende motiveringspraatjie deur Jo Black en die Junie-inname wat ten spyte van die nuwe vlak 4-inperkinge glad verloop, is maar ʼn paar van die lekker aktiwiteite wat reeds plaasgevind het.

Die eerste plaatjielegging vir studente wat hul kwalifikasies en Rooisȅel ontvang het – waarmee  dié oomblik op kampus verewig is – asook die aanbied van die tweede DIY-sweiskursus, is uitstaan-oomblikke wat deel gaan vorm van die geskiedenis van Sol-Tech waaraan personeel, studente en bestuur entoesiasties help bou.

Die bymekaarkom van studente en personeel in “Die Kraal” vir iets te ete en te drinke verjaag tans die winterkoue en die koffie van Spys is reeds legendaries!

Dit is duidelik dat dinge gebeur op die Sol-Tech-plaas…

Aan al ons studente wat tans assesserings en portefeuljes finaliseer – sterkte!

Aan ons nuwe studente – welkom!

More, begin reeds vandag – en ons werk en speel met die wete dat die beloning van die oes afhang van dit wat ons daagliks insit…

Sol-Tech-groete!

Vanessa Verster Adjunkhoof