KORTKURSUSSE
Sol-Tech se kortkursusse is ontwikkel omdat daar ‘n behoefte uit die plaaslike gemeenskap vir vaardigheidsontwikkeling ontstaan het.
Die kortkursusse is spesifiek gemik op individue wat graag ‘n blitskursus wil deurloop.
Dié kursusse word in Sol-Tech se wêreldklas werkwinkels deur uiters bekwame lektore aangebied.
BEDRADINGSLISENSIE
Die doel van die bedradingslisensie vaardigheidsprogram is om aan ‘n gekwalifiseerde elektrisiën, meulmaker
of ‘n megatroniese tegnikus die geleentheid te bied om as ‘n installasie-elektrisiën te spesialiseer.
Meer oor die program
Die Bedradingslisensie-
Watter vaardighede gaan ek met die kwalifikasie aanleer?
Gedurende die opleiding sal die student die nodige kennis en vaardigheid aanleer en demonstreer om ‘n enkelfase en drie-fase installasie te beplan, inspekteer en te toets. Daar sal ook van die student verwag word om die nodige dokumentasie te voltooi wat die toetsing boekstaaf. Studente sal geleer word hoe om die Sertifikaat van Voldoening te voltooi en uit te reik in lyn met die SANS10142-1 en DVA se voorskrifte en vereistes.
MEER INLIGTING
3 Februarie 2025; 3 Maart 2025; 31 Maart 2025; 5 Mei 2025; 2 Junie 2025; 7 Julie 2025; 4 Augustus 2025 en 8 September 2025.
**‘n Geregistreerde (minimum) aantal studente word benodig om hierdie kursus te kan aanbied. Indien getalle nie voldoende vir ‘n spesifieke datum is nie, sal die kursus en studente aanskuif na die volgende beskikbare datum.
15 per inname.
Publiek: R11 100; Solidariteit-lede: R 8 880 en Sol-Tech-studente met Solidariteit-lidmaatskap: R7 770

METAAL BOOGSWEIS
Die doel van die boogsweis-kortkursus is om ‘n student die geleentheid te bied om boogsweiswerkvaardighede aan te leer. Dit sal die student in staat stel om basiese sweiswerk te kan uitvoer. Suksesvolle individue sal eie projekte soos die bou van hekke, diefwering, staalmeubels ens te kan hanteer.
Meer oor die program
Die Metaal Boogsweis-kortkursus rus die student met boogsweisvaardighede toe. Dit sal die student in staat stel om basiese sweiswerk te kan uitvoer. Suksesvolle individue sal eie sweisprojekte soos die bou van hekke, diefwering, staalmeubels en dies meer suksesvol kan doen.
Watter vaardighede gaan ek met die kwalifikasie aanleer?
Gedurende die opleiding sal die student van boogsweisveiligheid, simbole, sweisbare metale en sweisposisies leer.
MEER INLIGTING
17 Februarie 2025; 24 Maart 2025; 19 Mei 2025; 30 Junie 2025; 11 Augustus 2025; 29 September 2025 en 10 November 2025.
**‘n Geregistreerde (minimum) aantal studente word benodig om hierdie kursus te kan aanbied. Indien getalle nie voldoende vir ‘n spesifieke datum is nie, sal die kursus en studente aanskuif na die volgende beskikbare datum.
15 per inname.
Publiek: R5 235 en Solidariteit-lede: R4 188

MIG-SWEIS
Die doel van die MIG-sweis (CO2 -sweis-)kortkursus is om aan ‘n student die geleentheid te bied om MIG-
sweisvaardighede aan te leer. Vaardighede sal individue in staat stel om eie sweisprojekte, soos die bou van hekke, diefwerings en staalmeubels uit te voer.
Meer oor die program
Die MIG-sweis- (CO2-sweis) kortkursus bekwaam die student om MIG-sweisvaardighede aan te leer. Vaardighede sal individue in staat stel om eie sweisprojekte, byvoorbeeld die bou van hekke, diefwering en staalmeubels suksesvol te behartig.
Watter vaardighede gaan ek met die kwalifikasie aanleer?
Gedurende die opleiding sal die student leer van MIG-sweisveiligheid, simbole, sweisbare metale en sweisposisies.
MEER INLIGTING
17 Februarie 2025; 24 Maart 2025; 19 Mei 2025; 30 Junie 2025; 11 Augustus 2025; 29 September 2025 en 10 November 2025.
**‘n Geregistreerde (minimum) aantal studente word benodig om hierdie kursus te kan aanbied. Indien getalle nie voldoende vir ‘n spesifieke datum is nie, sal die kursus en studente aanskuif na die volgende beskikbare datum.
15 per inname.
Publiek: R5 235 en Solidariteit-lede: R4 188
MEER INLIGTING
17 Februarie 2025; 24 Maart 2025; 19 Mei 2025; 30 Junie 2025; 11 Augustus 2025; 29 September 2025 en 10 November 2025.
**‘n Geregistreerde (minimum) aantal studente word benodig om hierdie kursus te kan aanbied. Indien getalle nie voldoende vir ‘n spesifieke datum is nie, sal die kursus en studente aanskuif na die volgende beskikbare datum.
15 per inname.
Publiek: R5 235 en Solidariteit-lede: R4 188
Gryp die geleentheid aan om jou vaardighede te verbeter – jy sal nie spyt wees nie!
NAVIGASIE
SNELSKAKELS
STUDIERIGTINGS
KONTAKBESONDERHEDE
Duinlewerikstraat 16 Monument Park X15, Pretoria, 0105
t: 0861 999 880
NAVIGASIE
SNELSKAKELS
STUDIERIGTINGS
KONTAKBESONDERHEDE
Duinlewerikstraat 16 Monument Park X15,
Pretoria, 0105
t: 0861 999 880
Sol-Tech Beroepsopleiding Kollege is tot 31 Desember 2026 by die Departement van Hoër Onderwys geregistreer ingevolge die Wet op Voortgesette Onderwys en Opleiding, Wet 16 van 2006.
Registrasienommer: 2019/FE07/034
© Sol-Tech. Alle regte voorbehou.
Akkreditasienommer: SDP 070621-1986