Leon van Wyk ontvang #JouYster-eretoekenning
March 30, 2021
Ons Bou standbeeld tydens Sol-Tech se inwydingsfunksie onthul
March 30, 2021

Nasionale Ambagdag aangekondig

Op 26 Maart 2021, herdenk ons nie net die inhuldiging van die nuwe Sol-Tech-kampus nie maar Solidariteit verklaar ook hierdie dag as die 1ste Nasionale Ambagdag.

Sol-Tech is ’n lewende monument vir ambagslui. Voortaan gaan daar op dié dag élke jaar erkenning aan een uitmuntende ambagsman- of vrou gegee word deur die #JouYster-toekenning.

Baie geluk aan Leon van Wyk, ‘n meesterambagsman wat vanjaar met die #JouYster-eretoekenning vereer is! (Lees hier)

Ambagslui speel ‘n baie belangrike rol in ons samelewing en daarom wil ons graag aan jou die geleentheid bied om iemand met ‘n onblusbare passie vir sy of haar ambag vir hierdie gesogte toekenning te nomineer.

Wie gaan vanjaar met die groot #JouYster-prys wegstap?

Nomineer die persoon vir die ambagsman of -vrou van die jaar hiér: https://solidariteit.co.za/jouyster/

Bepalings en voorwaardes geld.