Sol-Tech op Facebook
Nuus
Sol-Tech wens graag vir Niel du Toit sterkte met die stoei-kampioenskappe in Morocco toe!![]()
Niel is ‘n tweedejaar Meulmaker-student by Sol-Tech wat Suid-Afrika tydens die Afrika Interkontinentale Kampioenskappe van 16-25 Mei in dié kragsport gaan verteenwoordig.![]()
Niel is die top junior- en seniorstoeier in Suid-Afrika in sy gewig in en het ook sy Protea-kleure in die sport verwerf. Hy is ook deel van die Commonwealth stoeispan.![]()
Baie sterkte, Niel. Mag dit sommer baie goed gaan!
Is jy nuuskierig oor Sol-Tech se kwalifikasies en wat ons alles doen?![]()
Kom maak gerus 'n draai by ons stalletjie by Nampo en kom knoop 'n geselsie aan.![]()
#soltechkierie #nampo2022
Sien ons jou by Nampo?![]()
Kom kuier gerus by ons stalletjie in die Nampo-saal.![]()
Koop gerus jou kaartjies by die hek of bespreek aanlyn by www.grainsa.co.za/pages/nampo/nampo-home.![]()
Sien jou daar! ![]()
#nampo2022 #soltech
Op 4 Mei 2022 het die tweede groep Sol-Tech-studente tydens ’n promoversingsplegtigheid na die volgende fase van hul opleiding promoveer. ![]()
Soos die gebruik is, het een van die studenteraadslede ’n boodskap aan die studente oorgedra. En wie beter om dit te doen as die elektries-student Monia Boshoff (SR-lid administrasie) wat self tydens die funksie promoveer het.![]()
Lees gerus haar boodskap hiér: bit.ly/37vUqCp
Tydens die Sol-Tech promoveringsplegtigheid neem die studente 'n foto by die Ons Bou-standbeeld.![]()
Dié standbeeld beeld die bekende Beiteltjie-gedig van NP van Wyk Louw uit. ![]()
'n Foto by die beeld is simbolies en 'n Sol-Tech-tradisie:
Sol-Tech het gehelp om die studente se beiteltjie te slyp en slyp.
Elke student wat promoveer neem nou self die beiteltjie (en hul toekoms) in hul eie hande. Wat jy van hiér af verder met die beiteltjie doen, hang van jou af.
Dit is 'n groot verantwoordelikheid en 'n enorme voorreg!![]()
Ons bede is dat julle 'n groot sukses van jul handewerk sal maak - tot God se eer en tot diens van jou naaste!
#soltechpromoveringsplegtigheid #trotssoltech
Baie geluk aan ons toppresteerders wat tydens die promoveringsplegtigheid aangekondig is:
Johann van Wyk: Diesel
Jacobus Swanepoel: Gereedskapmaker
Eghardt Martiz: Elektries![]()
Julle maak ons trots!![]()
#soltechpromoveringsplegtigheid #trotssoltech
Baie geluk aan die groep gereedskapmakers, passer-en-draaiers, elektrisiëns en dieselwerktuigkundiges wat vanaand tydens die promoveringsplegtigheid na die volgende fase van hul opleiding beweeg het. ![]()
Julle maak ons baie trots!![]()
#soltechpromoveringsplegtigheid #trotssoltech
Het jy geweet? 🎓
Die kleur van die kap (skouerband) wat die student tydens die Sol-Tech promoveringsplegtigheid dra, is beduidend van die beroepskwalifikasie van die student.![]()
Beroepskwalifikasie: Elektrisiën – ligblou
Beroepskwalifikasie: Dieselwerktuigkundige – donkergroen
Beroepskwalifikasie: Meulmaker – donkerblou
Meganies (Beroepskwalifikasie Sweiser, Passer-en-Draaier asook Gereedskapmaker) – wynrooi ![]()
#soltech #promoveringsplegtigheid #unieksoltech
Word deel van die Sol-Tech-span deur vir die volgende vakante pos aansoek te doen:
Aflos: Administratiewe Beampte (Akademies) 4 maande![]()
Vir meer inligting: bit.ly/3F7Ugxe