Sol-Tech-SR sluit die jaar op ’n hoë noot af
Oktober 29, 2021
Sol-Tech-kampus ontvang internasionale toekenning vir uitnemende eiendomsontwikkeling
November 12, 2021

Nuwe personeel sluit by die Sol-Tech-span aan

Sol-Tech is ’n dinamiese organisasie wat voortdurend groei. Gedurende September het daar sewe nuwe personeellede by die bestaande personeelkorps van 84 aangesluit.

As lektore, deel van die akademiese span, verwelkom ons graag vir:  Werner Roets (Afdeling: Meulmaker); Louwrens Camacho (Afdeling: Gereedskapmaker); Joseph Bothma (Afdeling: Tegniese tekeninge CAD); Bianca de Bruyn (Afdeling: Elektries) en vir John Gonsalves (Afdeling: Diesel).

Waldo Muller en Hanlie Kleinhans is onderskeidelik as onderhoudtegnikus en administratiewe beampte aangestel.

Ons wens julle ’n voorspoedige tyd by Sol-Tech toe en mag julle ook die geleentheid om diep spore in veral die studente se harte te trap, met albei hande aangryp!

Hou gerus die Sol-Tech-webblad dop vir vakante poste wat geadverteer word, of besoek die volgende skakel: klik hier (skakel na: https://sol-tech.co.za/meer-oor-sol-tech/vakante-poste/)