alumni vertel

Ons Alumni vertel | Gerhard Akker, 22 jaar

Gerhard Akker: “My studies by Sol-Tech het vir my soveel deure oopgemaak. Die firma waar ek nou werk, het my al die wêreld vol gestuur en ek voel deel van die maatskappy. Ek het met ’n baie goeie intreesalaris en heelwat voordele begin. Ek is baie dankbaar vir die geleenthede wat ek gekry het.”

Gerhard is 22 jaar oud en is ’n gereedskapmaker wat glo dat hy by Sol-Tech letterlik ’n tweede kans op die lewe gekry het. Die dag toe hy by Sol-Tech moes begin, was hy in ’n motorongeluk betrokke wat byna sy lewe geëis het. Hy het egter oorleef en glo dat hy hierdie tweede geleentheid moet aangryp en elke dag die beste van elke geleentheid moet maak.

Gerhard kom oorspronklik van die Noord-Kaap en het in Durban gematrikuleer. In 2017 het hy sy studies by die N-skool by Sol-Tech begin waarna hy in 2018 met sy prakties begin het. Ná sy prakties het ’n ingenieursfirma aangebied om vir sy vaktoets te betaal en het hy by dié firma aangebly. Hy is glad nie spyt oor sy besluit nie.

Volgens Gerhard was daar niks anders wat hy wou doen nie. Hy wou in ’n ambagsrigting werk en hy glo Sol-Tech was die beste keuse vir hom. Die opleiding wat hy ontvang het, het hom baie goed vir die bedryf voorberei. Hy glo dat veral die streng afsnytye waarteen take tydens die fasetoetse voltooi moes word, waardevol was en hom geleer het om noukeurig en vinnig te werk.

“Daar is ’n groot tekort aan ambagslui in Suid-Afrika. Gehalte-opleiding soos dit wat ek by Sol-Tech ontvang het, laat jou kop en skouers bo die res uitstaan. Jy moet egter steeds bereid wees om hard te werk en jou beste te gee. Dit geld ook vir voornemende studente. Besluit wat jy wil doen en werk dan hard om dit te bereik.”

Nog nuus