Sol-Tech-vlag wapper trots
June 8, 2022
Vakante pos: Dieselwerktuigkunde programhoof
June 21, 2022

Sol-Tech bied internskap vir skoliere

Wil jy dalk eendag ‘n menslike hulpbron praktisyn of ‘n rekenmeester word? Wonder jy wat die wêreld van advertensies en bemarking behels? Of lyk kantoor administrasie vir jou na ‘n uitdaging? Wat van studentesake? Onseker oor wat presies elke rigting behels en waarvan jy sal hou?

Dan is hierdie internskap by Sol-Tech ideaal vir jou!

6 Kandidate sal blootstelling kry in menslike hulpbronbestuur, opleiding, bemarking, studentesake, finansies en administrasie.

Datum: 11 Julie 2022– 15 Julie 2022.

Om te kwalifiseer vir hierdie internskap moet jy in gr 11 of 12 wees.

Goeie kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede, menseverhoudinge en die vermoë om innoverend te dink sal tot jou voordeel strek.

Indien jy in die profile inpas, stuur asseblief jou afrikaanse CV na mhb@sol-tech.co.za voor of op 17 Junie 2022.

Kom kry ‘n kykie in die binnewerke van ‘n wêreldklasinstansie, dit prikkel dalk net jou belangstelling om in die toekoms in een van die bogenoemde beroepe te tree!