Op 27 Februarie het Sol-Tech weer sy sertifikaatseremonie gehou waar studente toekennings vir akademiese prestasie ontvang het. Hierdie funksie is elke jaar ’n spoggeleentheid, met heelwat ouers wat dit ook bywoon.
Toekennings word toegeken aan studente wat onderskeidings in oorbrugging, N1 of N2 behaal het.
Sol-Tech is trots op die 254 onderskeidings wat gedurende die akademiese jaar behaal is. 84 van hierdie onderskeidings was vir oorbrugging, 17 vir N1 en 43 vir N2.
Daar was ook heelwat studente wat verder tydens die eksamen uitgeblink het deur 100% te behaal. Hiervan was sewe in Wiskunde N1, twee in Wetenskap N1 en een in N1 Industriële Elektronika. Eckhard Potgieter is as die top- akademiese presteerder vir 2019 aangewys. Hy het ses onderskeidings behaal. Baie geluk, Eckhard!