Sol-Tech Beroepsopleiding Kollege: Hantering Van 6 Junie Opedag – Covid-19: Communique 5/2020
May 5, 2020
Ambagslui steeds hoog in aanvraag
May 22, 2020

Sol-Tech Beroepsopleiding Kollege: Afstand Onderrig Tydens Covid-19 – QCTO Bevestiging: Communique 6/2020

Sol-Tech Beroepsopleiding Kollege het reeds te midde van die Covid-19 pandemie, in belang van die gesondheid en veiligheid van ons personeel en studente, die voortsetting van teoretiese onderrig deur middel van aanlyn klasse en interaktiewe lesse geloods. Kommunikasie in hierdie verband is ook reeds aan al ons huidige en nuwe studente deurgegee en is ook op die kollege se webblad beskikbaar gestel.

Die Gehaltebeheerliggaan vir Ambagte en Beroepe (Quality Council for Trades and Occupations – QCTO) het in ‘n onlangse memorandum aangedui dat die aanbied van elektroniese/aanlyn onderrig en opleiding van beroepskwalifikasies (met inbegrip van ambagsopleiding) goedgekeur is:

While current regulations around many qualifications and trades on the OQSF generally forbid online or distance learning, the QCTO recognises the reality that the nation faces an extended period of some form of social distancing for an indefinite period of time. As the custodian of qualifications and trades on the OQSF, the QCTO has taken the decision to relax regulations around the mode of delivery for qualifications on this sub-framework.”

Ons wil u weereens die versekering gee van ons volgehoue fokus op gehalte onderrig en opleiding en bedank u vir die volgehoue ondersteuning.  Ons wens dan ook al ons studente sterkte toe met die nuwe akademiese periode!