Môre begin vandag – ook in 2021!
January 12, 2021
VOORTSETTING VAN STUDIES | 18 Januarie 2021
January 18, 2021

Sol-Tech gaan onverpoosd voort om die nuwe kampus, veilig en gesond, in gereedheid te bring

Ten spyte van die feit daar nog bouspanne op die kampus woel en werskaf tydens die finale fase van die bouprojek van die nuwe kampus, bly dit ononderhandelbaar dat alle personeel veilig met hul werk kan voortgaan en dat Sol-Tech die nodige COVID-19-protokolle handhaaf.


Volgens dr. Philip Minnaar (hoof van Sol-Tech) is Sol-Tech dankbaar om te kan sê dat daar gedurende 2020 slegs 11 van Sol-Tech se 1 200 studente positief vir COVID-19 getoets is. Hierdie studente het ook nie op kampus aangesteek nie en kon dadelik die nodige isoleringsprotokolle volg, en weer gesond word.


Ouers van voornemende en huidige studente kan verseker weet dat Sol-Tech voort sal gaan om die streng voorkomende maatreëls wat reeds in 2020 toegepas is, op die nuwe kampus te handhaaf. 


“Ons sien daarna uit om die studente in Februarie met ’n virtuele handdruk te verwelkom. Al is dit op ‘n afstand van 1.5 m, agter ’n masker en met die reuk van 70% alkoholgereinigde-hande in die lug – ons kan nie wag nie.” 


Sou dit nodig wees om verskerpte Covid-regulasies, soos deur die owerheid bepaal word, te implementeer, sal Sol-Tech die nodige inligting aan ouers en studente kommunikeer.