Sol-Tech bring die beste in ons na vore
June 24, 2022
Sweis jou toekoms oop
July 6, 2022

Kortkursusse by Sol-Tech aangebied

Sol-Tech bied sedert 2021 ‘n verskeidenheid van kortkursusse aan.

DIY-sweis kortkursus

Sol-Tech het in 2021 opgemerk dat daar ’n groot aanvraag na kort sweiskursusse in die plaaslike gemeenskap is – spesifiek ‘n kursus gemik op mans en dames wat doen-dit-self-projekte wil aanpak en hul vaardighede wil verbeter. Koppe is bymekaargesit en Sol-Tech se eie kort vaardigheidskursusse is in April 2021 vir die eerste keer aangebied.

Twee tipes sweiskursusse (naamlik boogsweis en MIG-sweis) word tans voltyds of deeltyds aangebied. 

Sewe-en-tagtig studente het reeds die kort boogsweiskursus suksesvol voltooi, en vyf studente het al die kort MIG-sweiskursus, wat Maart 2022 geloods is, voltooi. 

Wil jy jou brouwerk in spogwerk verander? Dan is hierdie kursus ideaal vir jou! 

Die volgende datums is nog vir 2022 beskikbaar:

Voltyds: 4 tot 8 Julie 2022 en 19 tot 23 September 2022.

Deeltyds: 9, 16, 23, 30 Julie en 6 Augustus; 29 Oktober, 5, 12, 19 en 26 November.

Daar is plek vir 15 boogsweis- en 5 MIG-sweiskandidate.

Koste beloop R3 800 per persoon.

CNC-Freeskursus

Die kort CNC-Freeskursus word sedert Februarie 2022 deeltyds aangebied vir studente wat hul vaardighede op die gebied wil verbeter. 

Agt  eksterne studente het dit reeds bygewoon en voltooi. Die Freeskursus word van Maandae tot Donderdae vir 16 dae nauurs aangebied en 16 studente kan die kursus bywoon.

Die volgende datums is nog beskikbaar vir 2022:

4 Julie tot 4 Augustus en 31 Oktober tot 24 November.

Koste beloop R13 620 per persoon.

Die datums, fooie en tye van die kortkursusse op aanbod word jaarliks op die Sol-Tech-webblad onder ‘Inligting’ aangedui.

Elke student wat ‘n kortkursus suksesvol voltooi, ontvang ‘n bywoningsertifikaat.

Om aansoek te doen, klik hiér