Sol-Tech skoliere internskap gee goeie blootstelling

Is jy in graad 11 of 12 en op die uitkyk na ‘n geleentheid om jou toekoms na nuwe hoogtes te neem? Dan is Sol-Tech se skoliere internskapprogram van 24-28 Junie 2024 net die ding vir jou!

Kandidate sal blootstelling kry in menslike hulpbronbestuur, onderrig en opleiding, bemarking, studentesake, finansies en administrasie en die geleentheid kry om ‘n kykie agter die skerms van die afdelings te kry. Verder sal jy die wêreldklaskampus van naderby kan bekyk. Elke werkwinkel is ‘n moet-sien!

Hoe kwalifiseer ek vir die internskap?

Om te kwalifiseer vir hierdie internskap moet jy in graad 11 of graad 12 wees. Goeie kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede, menseverhoudinge en die vermoë om innoverend te dink sal tot jou voordeel strek.

Indien jy in die profiel inpas, stuur asseblief jou afrikaanse CV tesame met ‘n 300 woorde motiveringsbrief oor hoekom jy dink jy die beste kandidaat vir die internskap is na [email protected] voor of op 26 Mei 2024.

**Indien jy nie binne 2 weke na die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat ander kandidate vir die internskap oorweeg is.

Nog nuus