
Toelatingsproses
- Die student doen met sy of haar ID en hoogste kwalifikasie op die webblad aansoek.
- Die student woon die opedag by en skryf die keuringstoets.Die keuringstoets kan ook op geskeduleerde dae aanlyn afgelê word.
- Die student ontvang binne twee dae 'n sms met die toetsuitslae.
- Die student word deur die toelatingskomitee op grond van die keuringstoetsuitslae, hoogste kwalifikasie behaal en beskikbare plek gekeur.
- 'n Voorlopige keuringsbrief word ± 4 weke na die opedag aan die student deur middel van 'n e-pos wat alle relevante dokumente en inligting bevat, gestuur.
- Studente wat die proses om toelating, soos in die voorlopige keuringsbrief uiteengesit, voltooi het word aan 'n inname gekoppel en ontvang dan per e-pos 'n amptelike bevestiging van toelating en registrasiebrief met die innamedatum .
- Slegs studente wat suksesvol geregistreer het en die registrasiegelde betaal het, word vir klasbywoning op die kampus aan die begin van 'n inname toegelaat.