Sol-Tech bied internskap vir skoliere
June 9, 2022
Sol-Tech bring die beste in ons na vore
June 24, 2022

Vakante pos: Dieselwerktuigkunde programhoof

Wil jy graag deel van die Sol-Tech-span word? Doen dan aansoek vir dié vakante pos.

Jy benodig bewese bestuurservaring van minstens 5 jaar binne ‘n tegniese omgewing. ʼn Toepaslike Dieselwerktuigkundige- ambagskwalifikasie, met omvattende ervaring in die praktyk. ʼn Bykomende tegniese N6-diploma (minimum N4), of ‘n tegniese onderwysgraad sal tot jou voordeel strek. Kennis van en ondervinding in die onderrig en opleiding omgewing sal in jou guns tel. Geskrewe en mondelinge bedrewenheid in Afrikaans is ʼn voorvereiste.

Verantwoordelikhede sluit die algemene bestuur van administrasie, die bestuur van personeel, stelsels en prosesse, asook klasaanbieding in. Uitstekende kommunikasie- en organiseringvaardighede, tydbestuur, rekenaarvaardighede, die vermoë om as leier te kan optree en in ʼn span saam te kan werk is ‘n vereiste.

Aansoeke sluit op 3 Julie 2022.

Vir meer inligting, klik gerus hiér.