Toppresteerder gee wenke
May 17, 2022
Sol-Tech-vlag wapper trots
June 8, 2022

Sol-Tech verwelkom nuwe bemarkingsbestuurder

Chantal Swart is onlangs as die nuwe bemarkingsbestuurder by Sol-Tech aangestel. 

Ons het by haar gaan inloer en ’n paar vrae gevra:

  1. Waar kom jy vandaan en wat het jy gedoen voor jy deel van die Sol-Tech-span geword het?

Ek het voorheen ’n oproepsentrum by Isabella Garcia (velsorgprodukte) bestuur.

2. Jy het die lekker geleentheid om met jongmense oor Sol-Tech se kwalifikasies te gesels. Wat sal jy graag aan jongmense wil vertel?

By Sol-Tech maak ons seker dat studente gehalte opleiding ontvang maar, dit stop nie daar nie. Ons werk ook saam met Ajani, wat ons studente help om hulle praktiese opleiding by ’n goedgekeurde werkgewer te voltooi.


3. Wat maak jou opgewonde oor ambagsopleiding in Suid-Afrika?

Daar is regtig ’n tekort aan gekwalifiseerde ambagslui in Suid-Afrika. Dit beteken dat studente ’n groter kans staan om goeie poste te bekom sodra hulle hul studies voltooi het. 


4. Jy het al by verskeie instansies voor Sol-Tech gewerk. Wat maak die studente-ervaring vir studente so uniek op die Sol-Tech-plaas?

Sol-Tech het ‘n baie unieke kultuur – een van omgee en deel voel van ’n span. Ons streef daarna om die beste opleiding te bied vir ons studente en ook seker te maak dat die hele ondervinding vir hulle aangenaam is. Natuurlik is dit ook ’n groot voordeel dat opleiding in Afrikaans geskied. 

5. Is daar ’n spesifieke gesegde wat jou inspireer?

Daar is ’n hele paar, maar my gunsteling een is beslis: “Whether you think you can or you can’t, you’re right!” – Henry Ford.

Baie welkom by die Sol-Tech-span, Chantal!