Geagte Student/Ouer
VOORTSETTING VAN STUDIES
Baie welkom terug by Sol-Tech se splinternuwe kampus! Mag 2021 vir jou as student, ten spyte van unieke en uitdagende tye, ‘n voorspoedige en geseënde jaar wees.
Alle voorbereidings is oor die afgelope tyd op kampus getref om personeel en studente se veiligheid onder die nuwe Covid-19 regulasies en omstandighede te verseker. Ten einde te voldoen aan hierdie vereistes, word studente versoek om aan huidige maatreëls gehoor te gee deur die deurlopende dra van ‘n masker, handhawing van sosiale afstand en gereeld te saniteer. Enige verdere veranderinge of reëlings op grond van die nasionale hantering van die pandemie sal deurlopend gekommunikeer word.
Studente meld aan op Maandag, 1 Februarie 2021 om 08:30 by Blok C (werkswinkels) op die nuwe kampus te Monumentpark (Duinlewerikstraat). |
|||
Ambag | Inname | Werkswinkel | Lokaal |
Dieselwerk- tuigkunde | 20D05-P 20D06-P 20D07 |
Dieselwerkswinkel Handvaardighede Dieselwerkswinkel |
WW1 WW5 (eerste vloer) WW1 |
Elektries | 20E05-P 20E06-P |
Elektriese werkswinkel Handvaardighede werkswinkel |
WW2 WW5 (eerste vloer) |
Gereedskap- maker | 20G01-P 20G05 20G06-P |
Masjienwerkswinkel Masjienwerkswinkel Sweiswerkswinkel |
WW4 WW4 WW5 (generiese sweis) |
Meulmaker | 20M01-P 20M05 (1) 20M05 (2) 20M05 (3) 20M05-T/P 20M06-T/P 20M10 |
Instandhoudingswerkswinkel Instandhoudingswerkswinkel Elektriese werkswinkel Elektriese werkswinkel Handvaardighede werkswinkel Sweiswerkswinkel Elektriese werkswinkel |
WW3 (mnr Van Rooyen WW3 (mnr Vd Westhuizen) WW2 WW2 WW5 (eerste vloer) WW5 (generiese sweis) WW2 (mev Pouwels) |
Outo-Elektries | 21OE01 | Dieselwerkswinkel | WW1 |
Sweis | 20S01-P 20S05-P |
Sweiswerkswinkel Sweiswerkswinkel |
WW5 WW5 |
Studente meld aan op Dinsdag, 2 Februarie 2021 om 12:00 by Blok B (eerste vloer) op die nuwe kampus te Monumentpark (Duinlewerikstraat). |
||
Ambag | Inname | Lokaal |
Dieselwerktuigkunde | 20D10-T | B104 |
Elektries | 20E10-T | B103 |
Gereedskapmaker | 20G10-T | B104 |
Meulmaker | 20M10-T | B101 en B102 |
Pas-en-draai | 20P10-T | B104 |
Sweis | 20S10-T | B104 |
Alle inligting rondom die hantering van die Covid-19 situasie op kampus, sekuriteitstoegang tot die kampus en die druk en uitgee van nuwe studentekaarte, sal met aanvang van studies met studente bespreek en hanteer word.
Studente moet daarop let dat parkering op kampus beperk is tot ‘n sekere maksimum aantal voertuie. Addisionele veilige parkering is by Dastek beskikbaar (skuins oorkant Sol-Tech in Veldpoustraat) en studente sal deur Sekuriteit soontoe verwys word wanneer parkering op kampus maksimaal beset is. Vir hierdie rede word studente versoek om, waar moontlik, van saamrygeleenthede gebruik te maak om die maksimum studente met voertuie op kampus te kan akkommodeer.
Vir enige spesifieke navrae, kan die volgende persone bereik word deur 0861 999 880 te skakel met direk daarna die uitbreiding of stuur alternatiewelik ‘n e-pos.
Finansies (rekeninge en betalings) | Elsie Mienie | X125 | elsie@sol-tech.co.za |
Mariaan Booysen | X112 | mariaan@sol-tech.co.za | |
PPE en Covid-aanmeldings | Carla Pieterse | X109 | carla@sol-tech.co.za |
Algemene navrae | Riëtte Viljoen | X103 | navrae@sol-tech.co.za |
Akademiese Administrasie (rooster, assessering, presensie en stakings): | |||
Dieselwerktuigkunde Sweis | Wyna de Roubaix | X152 | wyna@sol-tech.co.za |
Meulmaker Elektries |
Chantelle Maree | X151 | chantelle@sol-tech.co.za |
Gereedskapmaker Pas-en-draai | Heloise le Grange | X150 | heloise@sol-tech.co.za |