Is die Sol-Tech-opedag vir jou?
August 16, 2021

Welkom by die Sol-Tech-familie

Sol-Tech verwelkom graag die nuwe personeellede wat onlangs deel van die Sol-Tech-familie geword het.

Ons stel hulle graag aan die hand van ʼn paar vrae bekend.

Jasper Coetzee

Lektor: Diesel- en trekkerwerktuigkunde

Waarom geniet jy dit om by Sol-Tech te werk?

“Omdat ons saam werk om ons gemeenskaplike doelwitte te bereik. Opleiding is my passie. Ek het die voorreg om te kan sien hoe jongmense hulle passie deur ’n gemeenskaplike liefde vir ambagte uit te leef. Die geleentheid wat ek gekry het om die pad saam met my studente te stap dryf my.”

Lenton Winkler

Programhoof: Elektries

Wat maak jou opgewonde oor opleiding en onderrig?

“Ek geniet dit baie om met programme en stelsels te werk. Dit is vir my baie lekker om te sien hoe die onseker studente wat by Sol-Tech aankom, groei en ontwikkel. As hulle by die werkswinkels begin, dan sien jy die verandering en selfvertroue wat die student ontwikkel het.”

Mitzie Maliepaard

Lektor: Meganies

Waarom geniet jy dit om by Sol-Tech te werk?

“Ek geniet die geleentheid om my kennis en ondervinding oor te dra aan studente in ʼn omgewing waarop mens kan trots wees en waar die standaarde wêreldklas is. Die personeel se passie vir, en fokus op, die mense wat hulle aanraak is inspirerend en iets wat mens nie gereeld raakloop nie. Daar is ʼn blink toekoms vir die kampus en menigte geleenthede om uit te brei – ek is opgewonde om deel van die proses te wees en tot dit te kan bydra.” 

Yolandi Collins

Bestuurder: Studentesake

Hoekom het jy by onderrig en opleiding betrokke geraak? 

“Omdat  ons ʼn verskil maak in die lewe van jonges en ons gemeenskap. Die kampus is pragtig en die personeel passievol. Die feit dat ons lewens verbeter en hoop skep vir die toekoms maak my ongelooflik opgewonde.”