(PROTECTION OF PERSONAL INFORMATION ACT – POPIA)
Beste student, ouers en ander belanghebbendes
Sol-Tech is daartoe verbind om alle persoonlike inligting en detail van ons studente, diensverskaffers en belanghebbendes te beskerm. Ons wil u dus gerusstel dat die privaatheid van enige persoonlike inligting en data vir ons ‘n prioriteit en saak van erns is.
Wetgewing
Die Beskerming van Persoonlike Inligtingswet (POPIA – Protection of Personal information Act) tree vanaf vandag, 1 Julie 2021, in werking. Die doel van die wetgewing is om persoonlike inligting en dus ook die privaatheid van individue te beskerm. Sol-Tech is verbind tot die agt minimum kondisies van die wet wat insluit:
Sol-Tech het reeds die nodige maatreёls, beleide en operasionele prosedures in plek gestel om aan hierdie vereistes te voldoen.
Regte
Sol-Tech sal slegs persoonlike inligting aanwend ten einde die dienste en produkte waarvoor aansoek gedoen en waartoe ooreengekom is te lewer. Alle regte insluitend toestemming vir die gebruik van data vir regulatoriese en ander vereistes in die onderrig en opleiding omgewing is van toepassing.
Lees gerus Sol-Tech se bepalings en voorwaardes hier deur.