Individuele sertifiserings

Verskeie individuele CompTIA-sertifiserings kan deur Sol-Tech behaal word.

Individuele sertifiserings is ideaal vir individue wat:

– Verder in ‘n spesifieke rigting wil spesialiseer

– Wat buigsaamheid soek en self op eie tyd deur die leermateriaal wil werk

– Wat nie kans sien vir die tydperk of vereistes van ’n volle program nie

– Wat aanlyn van enige plek af wil studeer

CompTIA-sertifiserings beskikbaar:

CompTIA A+ (Core 1); CompTIA A+ (Core 2); CompTIA Network+; CompTIA Security+; CompTIA Data+; CompTIA DataSys+; CompTIA Linux+; CompTIA Server+; CompTIA Cloud+; CompTIA CYSA+; CompTIA PenTest+; CompTIA CASP+*; CompTIA Tech+*; CompTIA Cloud Essentials+* en CompTIA Project+*.

Die sertifiserings is self-gerigte leer, maar die student het ook toegang tot ’n IT-Fasiliteerder wat beskikbaar is om aan die student bystand en hulp te verleen.

LW: Hierdie sertifiserings(*) bied nie IT-Fasiliteerder-bystand nie.

In Core 1 is die fokus op die samestelling van komponente gebaseer op kliënte se vereistes, die installering, opstel en instandhouding van rekenaars, mobiele toestelle en sagteware vir eindgebruikers, begrip van die grondbeginsels van netwerke en sekuriteitsforensika, en die veilige en akkurate identifisering en dokumentering van sagteware en hardeware-kwessies. Die student sal die grondbeginsels van skriptaal, tafelbladbeelding en ontplooiing asook hoe om probleemoplossing te doen, leer.

Core 2 is nie ‘n alleenstaande komponent nie. Daar sal van die student verwag word om sy/haar kennis en vaardighede van Core 1 toe te pas. In Core 2 sal die student se fokus ekstra vaardighede op sagteware insluit, waardeur die student meer oor verskillende bedryfstelsels ( OS ) soos Windows, Linux, Mac en meer sal leer.

Network+ bied die student die geleentheid om die nodige kennis en vaardighede te leer sodat hy/sy netwerkprobleme kan oplos, opstel en onderhou met beide bedrade en draadlose netwerke. Die student kry ook die geleentheid om netwerke in maatskappye reg oor die wêreld te vestig.

Security+ bied die student die geleentheid om die nodige kennis en vaardighede aan te leer sodat hy/sy die beste sekuriteitsprobleemoplossingsvaardighede in verskillende kontekste kan aanleer en toepas.

Data+ bied die student die geleentheid om kennis en vaardighede aan te leer wat benodig word om besigheid vereistes om te skakel ter ondersteuning van data-gedrewe besluitneming deur die ontginning en manipulasie van data. Die toepassing van elementêre statistiese metodes en die ontleding van komplekse datastelsels terwyl die student aan bestuur- en kwaliteitstandaarde voldoen deur die loop van die data-lewensiklus.

Linux+ bied die student die geleentheid om die nodige kennis en vaardighede te leer, sodat hy/sy met gebruik van die Linux bedryfstelsel verskillende voertuie, slimfone, bedieners en super rekenaars kan bestuur. Die vaardighede bied die student die geleentheid om ’n groot aantal ondernemings se Linux bedryfstelsels te kan administreer en beheer, wat in wolk- kuberveiligheid, mobiele- en webadministrasie van toepassing is.

Die doel van die Server+ opleiding is om aan die student die nodige kennis en vaardighede te voorsien sodat hy/sy bedieners in datasentrums en maatskappye kan installeer, bestuur en foutsporing op verskillende bedieners kan doen.

Cloud+ bied die student die geleentheid om die nodige kennis en vaardighede te leer sodat hy/sy in praktyk die ontplooiing en outomatisering van wolk-verwante take veilig kan handhaaf.

CySA+ dek gevorderde aanhoudende bedreigings in ‘n post-2014 kuberveiligheidsomgewing. Die gedragsanalise-vaardighede wat deur die CompTIA CySA+-sertifisering gedek word, identifiseer en bestry indringerware (malware) en gevorderde aanhoudende bedreigings (APT’s), wat lei tot beter bedreigingsigbaarheid oor ‘n breë aanvalsoppervlak deur te fokus op netwerkgedrag, insluitend ‘n organisasie se binne netwerk.

PenTest+ sal die student die kennis en vaardighede bied vir die mees onlangse penetrasietoetsing, kwesbaarheidsbeoordeling en bestuursvaardighede wat nodig is om die veerkragtigheid van netwerke teen aanvalle te bepaal.

IT CASP+ bied die student die geleentheid om die nodige kennis en vaardighede in veiligheidsargitektuur en senior sekuriteitsingenieurswese in tradisionele, wolk- en hibriede omgewings asook bestuurs-, risiko- en voldoeningsvaardighede te verwerf; ‘n onderneming se kuberveiligheidsgereedheid te evalueer en tegniese spanne te lei om kuberveiligheids- oplossings ondernemingswyd te implementeer.

Tech+ (Tech Literacy Essentials) bied aan die student die geleentheid om die nodige  basiese tegnologiese kennis en vaardighede te bekom wat hom/haar in staat sal stel om in ‘n professionele tegnologiese gedrewe omgewing te funksioneer en basiese tegnologiese gedrewe take te verrig.  Dit stel die studente aan die basiese IT konsepte en terminologie, sagteware-ontwikkeling, infrastrukture, databasisse, toepassings, en sagteware en IT-sekuriteit bekend.

 

Cloud Essentials+ bied die student die geleentheid om die nodige kennis en vaardighede te bekom wat hom/haar in staat sal stel om ‘n organisasie te help bepaal watter wolkdiensverskaffer(s) gebruik moet word, wat na wolk migreer moet word en wanneer om dit te implementeer.  Die student sal die noodsaaklike sakevernuf verkry wat nodig is om ingeligte wolkdiens besluite te neem.

Project+ bied die student die geleentheid om die nodige kennis en vaardighede te bekom om kleiner, minder ingewikkelde projekte as deel van sy/haar ander werkpligte moontlik te maak, maar steeds basiese projekbestuursvaardighede te hê.

DataSys+ is ’n fundamentele databestuurvlak sertifisering wat fokus op die logistieke kant van data administrasie en sekuriteit

Meer Inligting

Ons koop die bondel-produk aan. Dit bestaan uit CompTIA Learn (aanlyn leerbestuurstelsel), CompTIA Labs (virtuele laboratoriums), CompTIA Practice (eksamenvoorbereiding) en sluit ook een eksamenkoepon in.

LW: dat Cloud Essentials+ nie CompTIA Labs het nie.

Assessering vind deur middel van PearsonVue plaas, met ‘n koeponkode wat aan die student verskaf word.

Die koeponkode kan gebruik word om die assessering aanlyn of by ‘n assesseringslokaal te skryf. ‘n Geldige identiteitsdokument is nodig om die eksamen af te lê.

Volgens CompTIA kan ’n sertifisering se leermateriaal in so min as 40 ure voltooi word. Uit ervaring weet ons dat dit die student langer neem, veral vir studente wat nie voltyds kan studeer nie. Die student het ’n jaar toegang tot die leerbestuurstelsel en moet ook binne ’n jaar die eksamen slaag, anders word die eksamenkoepon verbeur.

Suid-Afrikaanse ID-nommer (geboortesertifikaat is nie voldoende nie).

LW: Studente van ander lande kan ook inskryf, maar daar is wel ’n koste implikasie aan verbonde. Kontak ons gerus vir meer besonderhede.

Studente moet 16 jaar of ouer wees om die PearsonVUE eksamen te kan aflê.

’n Student kan enige tyd van die jaar inskryf. Toegangskodes word elke Woensdag uitgereik.

  • Rekenaar met minimum: Windows 10 / Mac OS10.13 met ‘n 8 GB RAM, skerm met ‘n 1024 x 768 in 16-bit kleur en ‘n webcam (min. resolusie van 640×480 @10fps) met ‘n mikrofoon.
  • Voorgestelde konstante Internet spoed van 4 – 10 Mbps aflaai en oplaai.

Meer Inligting

Sol-Tech koop die bondel-produk aan. Dit bestaan uit CompTIA Learn (aanlyn leerbestuurstelsel), CompTIA Labs (virtuele laboratoriums), CompTIA Practice (eksamenvoorbereiding) en sluit ook een eksamenkoepon in.

LW: dat Cloud Essentials+ nie CompTIA Labs het nie.

Assessering vind deur middel van PearsonVUE plaas, met ‘n koeponkode wat aan die student verskaf word. Die koeponkode kan gebruik word om die assessering aanlyn of by ‘n assesseringslokaal te skryf. ‘n Geldige identiteitsdokument is nodig om die eksamen af te lê.

Volgens CompTIA kan ’n sertifisering se leermateriaal in so min as 40 ure voltooi word. Uit ervaring weet ons dat dit die student langer neem, veral vir studente wat nie voltyds kan studeer nie. Die student het ’n jaar toegang tot die leerbestuurstelsel en moet ook binne ’n jaar die eksamen slaag, anders word die eksamenkoepon verbeur.

Suid-Afrikaanse ID-nommer (geboortesertifikaat is nie voldoende nie).

LW: Studente van ander lande kan ook inskryf, maar daar is wel ’n koste implikasie aan verbonde. Kontak ons gerus vir meer besonderhede.

Studente moet 16 jaar of ouer wees om die PearsonVUE eksamen te kan aflê.

’n Student kan enige tyd van die jaar inskryf. Toegangskodes word elke Woensdag uitgereik.

  • Rekenaar met minimum: Windows 10 / Mac OS10.13 met ‘n 8 GB RAM, skerm met ‘n 1024 x 768 in 16-bit kleur en ‘n webcam (min. resolusie van 640×480 @10fps) met ‘n mikrofoon.
  • Voorgestelde konstante Internet spoed van 4 – 10 Mbps aflaai en oplaai.

Aansoeke vir die program is NOU oop!

comptia logo 1