Koshuisverblyf

KANTON (die Solidariteit Beweging se eiendomsbestuursmaatskappy) is besig om ‘n eie vierhonderdbed-koshuis (die Plaashuis) te bou. Die plaashuis is ’n klipgooi van die Sol-Tech-kampus af en sal deur ’n veilige voetgangersbrug direkte toegang tot die kampus bied.

Die Plaashuis waarborg ’n unieke en verantwoordelike studentelewe vol pret. Saam met Sol-Tech se gehalte opleiding word ’n gebalanseerde
leerervaring soos min gebied.

Die Plaashuis se beoogde okkupasiedatum is Oktober 2024.

Bekendstelling van die bouprojek van die Plaashuis

Sol-Tech en Kanton het op 23 Februarie 2024 amptelik die koshuis vir Sol-Tech-studente op die bouperseel in Monumentpark in Pretoria bekendgestel. Hierdie …

Voornemende studente kan na die volgende geriewe by die Plaashuis uitsien:

Die Plaashuis waarborg ‘n unieke studentelewe:

Studente kan uitsien na ‘n unieke Sol-Tech studentelewe met hope studentepret soos sport, sosiale geleenthede, vonkfees, gemeenskapsprojekte en kultuurervarings.

Die HK (huiskomitee) sal uit studente bestaan wat verskeie portfeuljes sal beklee en die bestuur van die Plaashuis ondersteun.

Die Plaashuis is sentraal geleë:

Die kampus en koshuis is naby hooftoegangsroetes (die N1 en R21), naby aan verskeie winkelsentrums (met kos- en klerewinkels, banke, dokters, apteke, restaurante, ‘n vulstasie en dienssentrums, gimnasium en dies meer).

Inni

Plaashuis

voel almal tuis

Indien jy graag op die verspreidingslys vir meer inligting oor die koshuis geplaas wil word, los gerus jou besonderhede hier (vorm word ingevul).