HUIDIGE STUDENTE

Ontmoet die

Studenteraad vir 2024

Belangrike datums

Promoveringsplegtighede 2024:

Eerstejaarskampe 2024:

promoveringsplegtigheid

Die Sol-Tech-promoveringsplegtigheid is ’n prestige geleentheid wat aan studente, wat hul teoretiese en praktiese opleiding suksesvol voltooi het, die gepaste erkenning gee.

Die geleentheid vier dus die studente se promovering tot die werksplek. Dit vind eenmalig plaas voordat die studente uitgeplaas word om hul werksplekkomponent by die werkgewer te voltooi. Let wel dat hierdie nié ‘n rooiseëlgeleentheid is nie.

Kwalifiserende studente ontvang ’n formele uitnodiging en inligtingsblad per e-pos.

Die uitnodiging word 4-6 weke voor die promoveringsplegtigheid na die student se @studente.sol-tech.co.za asook POPIA e-pos adres gestuur.

Weens die finalisering van punte kan die uitnodiging nie vroeër uitgestuur word nie. Ouers word daarom sterk aangeraai om nie enige lugvaart/vervoer reëlings te tref voordat die student ’n formele uitnodiging ontvang het nie.

Gordon Harris Fotograwe:

Kontaknommer: +27 12 430 3725

Epos: info@ghphoto.co.za

Webtuiste: www.ghphoto.co.za

Adres: 1337 Stanza Bopape Street, Hatfield, Pretoria

Vonkfees studentepret

Die Sol-Tech-studente neem jaarliks aan die Vonkfees deel.

Die studente bou hul eie kaskarre en hou dan resies – alles vir ‘n goeie doel.

Dit is vet pret en verseker ‘n unieke studentebelewenis.