Slide 2

Maak jou reg vir ‘n indiensneembare toekoms

Gehalte onderrig, in Afrikaans.

Sol-Tech is ‘n private beroepsopleidingskollege wat jongmense uitstekend vir hul toekoms voorberei.

Goed-gevormde

studente

Sol-Tech fokus op die onderrig en opleiding van goed-gevormde studente wat hul skoene volstaan op verskeie lewensterreine.

Raakvat

onderrig

Sol-Tech se kwalifikasies rus studente uitstekend met skaars en kritieke vaardighede toe om studente indiensneembaar te maak.

Toekomsgerigte

onderrigleermodel

Die unieke driefase opleidingsmodel verseker dat studente met ‘n uitstekende teoretiese fondasie prakties in die werkwinkels kan doen en daarna uitstekend tydens hul indiensopleiding vaar.

Gevestigde

instelling

Sol-Tech lewer reeds vir 15 jaar gehalte ambagslui aan die industrie. Onderrig geskoei op deurwinterde waardes en nuwe tegnologie …

kampus

SOL-TECH-KAMPUS

Sol-Tech se bekroonde wêreldklaskampus is in Monumentpark geleë en bied 'n unieke studente ervaring. Die toonaangewende werkwinkels is uitstekend toegerus!

plaashuis

SOL-TECH PLAASHUIS

Die Sol-Tech Plaashuis is 'n 400 bed koshuis wat 'n tweede tuiste vir die studente is.

studente

SOL-TECH-STUDENTE

77% van Sol-Tech se studente kry werk binne 1 maand nadat hulle kwalifiseer.
15% van Sol-Tech se studente begin hul eie besighede na verwerwing van hul beroepsertifikaat (Artikel 26D Rooiseël) .

kampus

SOL-TECH-KAMPUS

Sol-Tech se bekroonde wêreldklaskampus is in Monumentpark geleë en bied 'n unieke studente ervaring. Die toonaangewende werkwinkels is uitstekend toegerus!

plaashuis

SOL-TECH PLAASHUIS

Die Sol-Tech Plaashuis is 'n 400 bed koshuis wat 'n tweede tuiste vir die studente is.

studente

SOL-TECH-STUDENTE

77% van Sol-Tech se studente kry werk binne 1 maand nadat hulle kwalifiseer.
15% van Sol-Tech se studente begin hul eie besighede na verwerwing van hul beroepsertifikaat (Artikel 26D Rooiseël) .

Verken ons studierigtings

Dieselwerktuigkunde

‘n Dieselwerktuigkundige is verantwoordelik vir die voorkomende instandhouding en herstel van dieselenjins en -voertuie wat passasiersvoertuie, groot vragmotors, busse en swaar masjienerie soos hyskrane, trekkers, padskrapers en dies meer, mag insluit.

diesel grid 25

Elektries

Die elektries-kwalifikasie fokus op die verstaan en toepassing van gevorderde elektriese, elektroniese en PLC-beginsels, gespesialiseerde vervaardigingsprosesse asook die diensleweringproses in die bedryf- en beroepswêreld.

elektries grid 2025

Megatronika

Megatroniese tegnici vorm die skakel tussen meganika en elektronika. Die doel van die kwalifikasie is om studente in staat te stel om geïntegreerde industrië­le sisteme te herstel en in stand te hou.

megatronika 2025 grid

Meulmaker

‘n Meulmaker fokus op die herstel en installering van meganiese masjinerie en toerusting wat elektriesaangedryf of beheer word.

meulmaker 2025 grid

Outo-elektries

‘n Vervoer-Elektrisiën (Outo-Elektrisiën) is verantwoordelik vir die installering, instandhouding en herstel van elektriese sisteme en toestelle in voertuie, trokke en busse.

outo elektries 2025 grid

Pas- en-Draai

Die kwalifikasie is daarop gemik om die studente die nodige vaardighede te leer om doeltreffend in enige bedryf te kan werk en om die uitdagings van die ingenieursmontering- en masjineringsomgewing te kan hanteer.

pas en draai grid 2025

Sweis

Die kwalifikasie is daarop gemik om aan studente opleiding in boogsweis, gassweis, TIG- en MIG-sweiswerk te bied. Verder word opleiding in herstelwerk op aluminium, vlekvrye staal, sagte staal en gietyster aan studente gebied.

sweis 2025 grid

Inligtingstegnologie praktisyn

Ons passie lê daarin om die gaping tussen skoolverlating en suksesvolle indiensneming te oorbrug. In ’n vinnig veranderende digitale wêreld is teoretiese kennis alleen nie meer genoeg nie. Werkgewers soek bewese vaardighede en praktiese ondervinding. Deur die internasionale standaarde van die CompTIA drieledige wenresep (A+, Network+, Security+) te kombineer met praktiese opleiding, ontsluit ons deure na plaaslike en internasionale loopbane. Ons glo dat deur in ons jeug se tegniese vaardighede te belê, ons nie net individue bemagtig nie, maar ook bou aan ’n sterker, tegnologies-vaardige gemeenskap wat gereed is vir die uitdagings van die Vierde Industriële Revolusie.

inligtingstegnologie praktisyn

Individuele sertifiserings

Voornemende studente kan die volgende individuele CompTIA-sertifiserings deur Sol-Tech behaal:

CompTIA A+ (Core 1); CompTIA A+ (Core 2); CompTIA Network+; CompTIA Security+; CompTIA Data+; DataSys+; CompTIA Linux+; CompTIA Server+; CompTIA Cloud+; CompTIA CYSA+; CompTIA PenTest+; CompTIA CASP+*; CompTIA ITF+*; CompTIA Cloud Essentials+* en CompTIA Project+*.

*Hierdie sertifiserings is self-gerigte leer, en bied nie fasiliteerder-bystand nie.

sertifisering 2025 grid

Eksamenkoepons

CompTIA A+ (Core 1); CompTIA A+ (Core 2); CompTIA Network+; CompTIA Security+; CompTIA Data+; DataSys+; CompTIA Linux+; CompTIA Server+; CompTIA Cloud+; CompTIA CYSA+; CompTIA PenTest+; CompTIA CASP+; CompTIA ITF+; CompTIA Cloud Essentials+ en CompTIA Project+.

eksamenkoepons 2025 grid

Vroeëkinderjare ontwikkeling

Vroeëkinderjare ontwikkeling behels die ontwikkeling van ‘n kind van geboorte tot skoolgaande ouderdom. Aspekte soos voeding, gesondheid, ouderdomspesifieke aktiwiteite, deernis en toegeneendheid, sosiale interaksie, asook leer geleenthede word as deel van die kwalifikasie gedek. Dié intreevlak-kwalifikasie bekwaam studente om met babas, peuters en kleuters (0-5 jaar) te kan werk.

vko 2025 grid

Haarkappery

Sol-Tech se beroepskwalifikasies is daarop gemik om studente uitstekend vir hul toekoms voor te berei. Die haarkapper-kwalifikasie is ‘n splinternuwe kwalifikasie wat Sol-Tech aanbied en maak opwindende geleenthede vir studente moontlik.

haarkappery 2025 grid

Neem die beste besluit vir jou toekoms, doen vandag aansoek!

SOL-TECH NUUS

Ons dink dikwels aan ’n nalatenskap as iets wat ons aan familie en geliefdes agterlaat. Maar wat as jou nalatenskap ook ’n

Sommige reise by Sol-Tech gaan oor veel meer as die kwalifikasie waarmee ’n student uitstap. Dit gaan oor die mens wat jy

Van 31 Augustus tot 2 September het sewe avontuurlustige Sol-Tech-studente hul stapstewels aangetrek en die High Five-roete naby Machadodorp aangedurf. Wat vir

Vir die afgelope 19 jaar van Sol-Tech se bestaan vier ons elke jaar Vrouedag deur ons damespersoneel die geleentheid te gee om

Ons dink dikwels aan ’n nalatenskap as iets wat ons aan familie en geliefdes agterlaat. Maar wat as jou nalatenskap ook ’n