VAKANTE POSTE
Word deel van die uitnemende Sol-Tech-span,
doen vandag aansoek vir ‘n vakante pos.
Word deel van die uitnemende Sol-Tech-span, doen vandag aansoek vir ‘n vakante pos.
Daar is tans geen poste beskikbaar nie.
Sol-Tech, ‘n privaat, Christelike en Afrikaanse beroepsopleidingkollege in Monumentpark, Pretoria, bied ‘n unieke en opwindende geleentheid! Ons het tans ‘n pos beskikbaar vir ‘n Lektor assistent: Meulmaker vir ‘n tydperk van ses maande.
Hierdie posisie is perfek vir ‘n naskoolse kandidaat, student of pas afgestudeerde Meulmaker wat op soek is na waardevolle ervaring in die Meulmaker ambag binne ‘n dinamiese opleidingsomgewing. Dit is ‘n uitstekende kans om jou vaardighede te slyp en nuwe uitdagings aan te pak!
Wat ons van jou verwag:
- Matrieksertifikaat
- Geldige rybewys
- Eie vervoer
- Kennis van Microsoft Office
- ‘n Tegniese agtergrond en kennis van die Meulmaker ambag of blootstelling daarin sal voordelig wees.
Vaardighede en eienskappe wat tot jou voordeel sal strek:
- Leergierigheid en ‘n passie vir kennis
- Uitstekende kommunikasievaardighede
- Hoë energie en ywer
- Sterk organiseringsvaardighede en inisiatief
- Goeie tydsbestuur en deursettingsvermoë
- Vermoë om prioriteite te stel en take effektief te hanteer
- Uitstekende menseverhoudinge
- Administratiewe en rekenaarvaardighede
Wat ons aanbied:
- ‘n Ses maande kontrak vol geleenthede om te groei en te leer in ‘n tegniese onderrig en leer omgewing
- Blootstelling aan Meulmaker ambag en ‘n professionele opleidingsomgewing
- ‘n Fantastiese kans om jou loopbaan ‘n hupstoot te gee
Moenie hierdie ongelooflike kans misloop nie! Sluit aan by ons dinamiese span en bou jou toekoms saam met Sol-Tech.
Indien jy aan die vereistes voldoen, volg asseblief die skakel en KLIEK HIER om aansoek te doen. Indien probleme met die skakel ondervind word, stuur asseblief jou CV na [email protected] voor of op 27 Maart 2025 met verwysings: Lektor Assistent: Meulmaker
Indien jy nie binne twee weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat ander kandidate vir die pos oorweeg is.
Sol-Tech is ʼn Christelike Afrikaanse beroepsopleiding instelling wat tans op soek is na ʼn talentvolle en gemotiveerde Stelselontwikkelaar met ‘n minimum van 3 jaar ondervinding. Hierdie pos is gebaseer in Monumentpark, Pretoria, en bied ʼn geleentheid aan waar die suksesvolle kandidaat die ontwikkeling en integrasie van die Sol-Tech stelsel sal ondersteun.
Die Stelselontwikkelaar sal verantwoordelik wees om gehalte kodering in plek te sit vir alle afdelings van Sol-Tech, sowel as die handhawing van stelsels wat aan Sol-Tech se vereistes voldoen. Verder, sal daar van die Stelselontwikkelaar verwag word om ondersteuning te bied aan alle afdelings met betrekking tot stelselverwante navrae.
Om vir die pos in aanmerking te kom, benodig aansoekers ʼn BSc in Inligtingstegnologie (IT), Rekenaarwetenskappe, BIT of ʼn soortgelyke kwalifikasie, beide op NKR vlak 7, asook formele opleiding in sagtewareontwikkeling.
Noodsaaklike vaardighede wat tot die aansoeker se voordeel sal strek, is kennis van Microsoft Office 365 produkte (Office365, PowerApps, Power Automate, SharePoint, Azure, C# programmering, Knockout.js en SQL). Kennis van prosesse in hoër onderwys, insluitend maar nie beperk tot aansoeke, assesserings en punte, sal tot die aansoeker se voordeel strek.
Die pos vereis ook ervaring met Visual Studio, Jira en Github. Kennis van stelselintegrasie, webgebaseerde protokolle en goeie organiseringsvaardighede sal ‘n aanwins wees. Die vermoë om selfstandig en as deel van ʼn span te werk, die inisiëring van kreatiewe probleemoplossings en die prioritisering van take, is noodsaaklik. Goeie kommunikasievaardighede, die handhawing van goeie menseverhoudinge, goeie administratiewe- en rekenaarvaardighede, die vermoë om onder druk te werk en sperdatums na te kom, asook innoverende denke en akkurate werk, is ‘n aanwins tot die pos.
Sol-Tech bied ʼn dinamiese werksomgewing met geleenthede vir groei en ontwikkeling in jou vaardigheidsveld. Dus, indien jy belangstel en aan die vereistes voldoen, volg asseblief die skakel en klik hier om aansoek te doen. Indien probleme met die skakel ondervind word, stuur asseblief jou CV na [email protected] met verwysing: Stelselontwikkelaar.
Ek wil graag my inligting op ‘n databank plaas, laat weet my gerus indien daar ‘n vakante pos is