Ambagdag vind hierdie jaar op 15 Maart 2025 plaas en beloof om 'n wonderlike geleentheid te wees!
Maak jou reg vir ‘n indiensneembare toekoms
Gehalte onderrig, in Afrikaans.
Sol-Tech is ‘n private beroepsopleidingskollege wat jongmense uitstekend vir hul toekoms voorberei.
Maak jou reg vir ‘n indiensneembare toekoms
Gehalte onderrig, in Afrikaans.
Sol-Tech is ‘n private beroepsopleidingskollege wat jongmense uitstekend vir hul toekoms voorberei.
Goed-gevormde studente
Sol-Tech fokus op die onderrig en opleiding van goed-gevormde studente wat hul skoene volstaan op verskeie lewensterreine.
Raakvat onderrig
Sol-Tech se kwalifikasies rus studente uitstekend met skaars en kritieke vaardighede toe om studente indiensneembaar te maak.
Toekomsgerigte onderrigleermodel
Die unieke driefase opleidingsmodel verseker dat studente met ‘n uitstekende teoretiese fondasie prakties in die werkwinkels kan doen en daarna uitstekend tydens hul indiensopleiding vaar.
Gevestigde instelling
Sol-Tech lewer reeds vir 15 jaar gehalte ambagslui aan die industrie. Onderrig geskoei op deurwinterde waardes en nuwe tegnologie …
Goed-gevormde studente
Sol-Tech fokus op die onderrig en opleiding van goed-gevormde studente wat hul skoene volstaan op verskeie lewensterreine.
Raakvat onderrig
Sol-Tech se kwalifikasies rus studente uitstekend met skaars en kritieke vaardighede toe om studente indiensneembaar te maak.
Toekomsgerigte onderrigleermodel
Die unieke driefase opleidingsmodel verseker dat studente met ‘n uitstekende teoretiese fondasie prakties in die werkwinkels kan doen en daarna uitstekend tydens hul indiensopleiding vaar.
Gevestigde instelling
Sol-Tech lewer reeds vir 15 jaar gehalte ambagslui aan die industrie. Onderrig geskoei op deurwinterde waardes en nuwe tegnologie …
Sol-Tech se bekroonde wêreldklaskampus is in Monumentpark geleë en bied 'n unieke studente ervaring. Die toonaangewende werkwinkels is uitstekend toegerus!
Die Sol-Tech Plaashuis is 'n 400 bed koshuis wat die eerste studente in Oktober 2024 huis kan noem.
94.7% van Sol-Tech se afgestudeerde studente kry binne die eerste ses maande ʼn vaste werk.
21% van Sol-Tech se studente begin hul eie besigheid.
Verken ons opleidingsrigtings
Dieselwerktuigkunde
‘n Dieselwerktuigkundige is verantwoordelik vir die voorkomende instandhouding en herstel van dieselenjins en -voertuie wat passasiersvoertuie, groot vragmotors, busse en swaar masjienerie soos hyskrane, trekkers, padskrapers en dies meer, mag insluit.
Elektries
Die elektries-kwalifikasie fokus op die verstaan en toepassing van gevorderde elektriese, elektroniese en PLC-beginsels, gespesialiseerde vervaardigingsprosesse asook die diensleweringproses in die bedryf- en beroepswêreld.
Gereedskapmaker
Gereedskapmakers is hoogs gespesialiseerde ambagslui wat doelspesifieke gereedskapstukke of matryse uit roumateriaal teen fyn toleransies vervaardig om sodoende die koste van vervaardiging van massaproduksiekomponente tot die minimum te beperk.
Megatronika
Megatroniese tegnici vorm die skakel tussen meganika en elektronika. Die doel van die kwalifikasie is om studente in staat te stel om geïntegreerde industriële sisteme te herstel en in stand te hou.
Meulmaker
‘n Meulmaker fokus op die herstel en installering van meganiese masjinerie en toerusting wat elektriesaangedryf of beheer word.
Outo-elektries
‘n Vervoer-Elektrisiën (Outo-Elektrisiën) is verantwoordelik vir die installering, instandhouding en herstel van elektriese sisteme en toestelle in voertuie, trokke en busse.
Pas- en-Draai
Die kwalifikasie is daarop gemik om die studente die nodige vaardighede te leer om doeltreffend in enige bedryf te kan werk en om die uitdagings van die ingenieursmontering- en masjineringsomgewing te kan hanteer.
Sweis
Die kwalifikasie is daarop gemik om aan studente opleiding in boogsweis, gassweis, TIG- en MIG-sweiswerk te bied. Verder word opleiding in herstelwerk op aluminium, vlekvrye staal, sagte staal en gietyster aan studente gebied.
IT-ondersteuning-en -netwerkpraktisyn
Studente word toegerus met die vaardighede en kennis om die nodige netwerk- analise, foutsporing en evaluerings wat ‘n bydra tot enige organisasie se IT-infrastruktuur beplanning en bestuur uitstekend te kan doen. Inligtingstegnologie is ‘n splinternuwe veld wat vir die eerste keer in 2023 by Sol-Tech aangebied word. Sol-Tech het CompTIA as opleidingsvennoot gekies om gehalte opleiding te bied wat studente indiensneembaar maak.
Kubersekuriteitpraktisyn
Kubersekuriteitpraktisyns is hoog in aanvraag om netwerke, toestelle en data te beskerm teen ongemagtigde toegang. Elke maatskappy het ‘n plig om sy operasionele data en kliënte se data veilig te hou, daarom is kubersekuriteit van kardinale belang vir enige maatskappy.
Data- en wolkpraktisyn
‘n Data- en wolkpraktisyn help met die ontwerp van nuwe databasisse, moniteer databasisoptrede, interpreteer rou data en omskep dit in bruikbare inligting om datagedrewe besluite te vergemaklik. Inligtingstegnologie is ‘n splinternuwe veld wat vir die eerste keer in 2023 by Sol-Tech aangebied word. Sol-Tech het CompTIA as opleidingsvennoot gekies om gehalte opleiding te bied wat studente indiensneembaar maak.
Individuele sertifiserings
Voornemende studente kan die volgende individuele CompTIA-sertifiserings deur Sol-Tech behaal:
CompTIA A+ (Core 1); CompTIA A+ (Core 2); CompTIA Network+; CompTIA Security+; CompTIA Data+; DataSys+; CompTIA Linux+; CompTIA Server+; CompTIA Cloud+; CompTIA CYSA+; CompTIA PenTest+; CompTIA CASP+*; CompTIA ITF+*; CompTIA Cloud Essentials+* en CompTIA Project+*.
*Hierdie sertifiserings is self-gerigte leer, en bied nie fasiliteerder-bystand nie.
Eksamenkoepons
CompTIA A+ (Core 1); CompTIA A+ (Core 2); CompTIA Network+; CompTIA Security+; CompTIA Data+; DataSys+; CompTIA Linux+; CompTIA Server+; CompTIA Cloud+; CompTIA CYSA+; CompTIA PenTest+; CompTIA CASP+; CompTIA ITF+; CompTIA Cloud Essentials+ en CompTIA Project+.
Vroeëkinderjare ontwikkeling
Vroeëkinderjare ontwikkeling behels die ontwikkeling van ‘n kind van geboorte tot skoolgaande ouderdom. Aspekte soos voeding, gesondheid, ouderdomspesifieke aktiwiteite, deernis en toegeneendheid, sosiale interaksie, asook leer geleenthede word as deel van die kwalifikasie gedek. Dié intreevlak-kwalifikasie bekwaam studente om met babas, peuters en kleuters (0-5 jaar) te kan werk.
Haarkappery
Sol-Tech se beroepskwalifikasies is daarop gemik om studente uitstekend vir hul toekoms voor te berei. Die haarkapper-kwalifikasie is ‘n splinternuwe kwalifikasie wat Sol-Tech aanbied en maak opwindende geleenthede vir studente moontlik.
Verken ons opleidingsrigtings
AMBAGTE
Inligtingstegnologie
Vroeëkinderjare Ontwikkeling
Haarkappery
Neem die beste besluit vir jou toekoms, doen vandag aansoek!
SOL-TECH NUUS
Ambagdag vind hierdie jaar op 15 Maart 2025 plaas en beloof om 'n wonderlike geleentheid te wees!
Op 28 Februarie 2025 het die Sol-Tech studenteraad vir die eerste keer ‘n “Vrydag Vasbyt” ten bate van CANSA aangebied.
Op 21 Februarie 2025 word Internasionale Moedertaaldag wêreldwyd gevier. Ook by Sol-Tech is hierdie dag belangrik: Die Sol-Tech-plaas is immers al vir baie jare trots Afrikaans, in elke aspek van die woord.
Die bekende gesegde, bou ‘n brug en kom daar oor, het hierdie week letterlik op die Sol-Tech-kampus vergestalting gekry. Dit volg nadat die 40 m lange Sol-Tech voetgangerbrug se dele verlede jaar tussen 5-8 Desember eers langs die pad aanmekaargesit is
Ambagdag vind hierdie jaar op 15 Maart 2025 plaas en beloof om 'n wonderlike geleentheid te wees!
NAVIGASIE
SNELSKAKELS
STUDIERIGTINGS
KONTAKBESONDERHEDE
Duinlewerikstraat 16 Monument Park X15, Pretoria, 0105
t: 0861 999 880
NAVIGASIE
SNELSKAKELS
STUDIERIGTINGS
KONTAKBESONDERHEDE
Duinlewerikstraat 16 Monument Park X15, Pretoria, 0105
t: 0861 999 880
Sol-Tech Beroepsopleiding Kollege is tot 31 Desember 2026 by die Departement van Hoër Onderwys geregistreer ingevolge die Wet op Voortgesette Onderwys en Opleiding, Wet 16 van 2006.
Registrasienommer: 2019/FE07/034
© Sol-Tech. Alle regte voorbehou.
Akkreditasienommer: SDP 070621-1986