KORTKURSUSSE

Sol-Tech se kortkursusse is ontwikkel omdat daar ‘n behoefte uit die plaaslike gemeenskap vir vaardigheidsontwikkeling ontstaan het.

Die kortkursusse is spesifiek gemik op individue wat graag ‘n blitskursus wil deurloop. Dié kursusse word in Sol-Tech se wêreldklas werkwinkels deur uiters bekwame lektore aangebied.

BEDRADINGSLISENSIE

Die doel van die bedradingslisensie vaardigheidsprogram is om aan ‘n gekwalifiseerde elektrisiën, meulmaker

of megatroniese tegnikus die geleentheid te bied om as ‘n installasie-elektrisiën te spesialiseer.

MEER INLIGTING

12 Augustus.

15 per inname.

R 8 680

MEER INLIGTING

5 Februarie tot 20 September 2024.

15 per inname.

R 8 680

METAAL BOOGSWEIS

Die doel van die boogsweis-kortkursus is om ‘n student die geleentheid te bied om boogsweiswerkvaardighede
aan te leer. Dit sal die student in staat stel om basiese sweiswerk te kan uitvoer. Suksesvolle individue sal eie
projekte soos die bou van hekke, diefwering, staalmeubels ens te  kan hanteer.

Die doel van die boogsweis kort kursus is om ‘n student die geleentheid te bied om boogsweiswerkvaardighede aan te leer. Dit sal die student in staat stel om basiese sweiswerk te kan uitvoer. Suksesvolle individue sal eie projekte soos die bou van hekke, diefwering, staalmeubels en dies meer kan hanteer.

MEER INLIGTING

17-28 Junie 2024; 19-30 Augustus en 14-25 Oktober 2024.

15 per inname.

R 4 950

MEER INLIGTING

5 Februarie tot 25 April 2024.

15 per inname.

R 4 950

MIG-SWEIS

Die doel van die MIG-sweis (CO2 -sweis-)kortkursus is om aan ‘n student die geleentheid te bied om MIG-
sweisvaardighede aan te leer. Vaardighede sal individue in staat stel om eie sweisprojekte, soos die bou van hekke, diefwerings en staalmeubels uit te voer.

MEER INLIGTING

17-28 Junie 2024; 19-30 Augustus en 14-25 Oktober 2024

15 per inname.

R 4 950

MEER INLIGTING

5 Februarie tot 25 April 2024.

15 per inname.

R 4 950

Gryp die geleentheid aan om jou vaardighede te verbeter – jy sal nie spyt wees nie!

Basiese Besigheidspraktyk

Die doel van die “New Venture Creation” vaardigheidsprogram is om studente wat potensiële en/of bestaande
entrepreneurs kan word/is, voor te berei om te kan kapitaliseer op geleenthede om ‘n volhoubare besigheid te
begin en te laat groei.

Meer Inligting

5 Februarie tot 27 September 2024.

15 per inname.

R 14 680

Hidroulika

Die doel van die hidroulika kort kursus is om ‘n student die geleentheid te bied om die nodige vaardigheid aan te leer om ‘n basiese industriële hidrouliese stelsel te ontwerp en te installeer. Sodoende sal die student bemagtig wees om die ontwerp, installering en instandhouding van ‘n basiese hidroliese stelsel te kan voltooi.

Meer Inligting

11 Maart tot 24 Mei 2024.

15 per inname.

R 7 950

Pneumatika

Die doel van die pneumatika kort kursus is om ‘n student die geleentheid te bied om die nodige vaardigheid aan te leer om ‘n basiese industriële pneumatiese stelsel te ontwerp en te installeer. Sodoende sal die student bemagtig wees om basiese pneumatika sisteme te ontwerp, te installeer en instandhouding op ‘n sisteem te kan voltooi.

Meer Inligting

5 Februarie tot 25 April 2024.

15 per inname.

R 7 950

Solar

Die doel van die solar kort kursus is om gekwalifiseerde elektrisiëns, meulmakers en megatroniese tegnici die geleentheid te bied om hulself te kan bemagtig ten einde te spesialiseer in die installering en toetsing van residensiële solar sisteme. Die kursus sal ook waarde toevoeg tot individue wat reeds in die bedryf funksioneer.

Meer Inligting

5 Februarie tot 6 September 2024.

15 per inname.

R 16 680