MEER OOR SOL-TECH

Sol-Tech is ʼn geakkrediteerde, private beroepsopleidingskollege wat op Christelike waardes gefundeer is en Afrikaans as onderrigmedium gebruik.

Sol-Tech fokus op beroepsopleiding wat tot die verwerwing van nasionaal erkende, bruikbare kwalifikasies lei. Sol-Tech het dus ten doel om jongmense se toekomsdrome met betrekking tot loopbaanontwikkeling deur doelspesifieke opleiding te verwesenlik. Sol-Tech wil vandag, môre en oormôre steeds daar wees om ‘n diens aan jongmense te lewer.

Wat is skaars vaardighede?

In die moderne wêreld is dit noodsaaklik dat elke nuwe geslag beter as die vorige geslag opgelei word. Die uitdaging is dat die opleidingslandskap in Suid-Afrika radikaal verander het en dat landsburgers daarby moet aanpas of verarm. Naskoolse opleiding raak vir baie jongmense ’n duur en kwalik bereikbare luukse wat al hoe moeiliker toeganklik is. Die omwenteling na 1994 is maar een van die redes hiervoor. As gevolg van die versnelde transformasie en regstellende aksie het die vaardigheidstekort in die land reeds krisisafmetings aangeneem. Volgens ekonome se berekening was daar gedurende 2006 reeds 300 000 oop poste wat weens ’n vaardigheidstekort nie gevul kon word nie.

By Sol-Tech sê ons gereeld vir mekaar:

Môre begin vandag.

Paul van Deventer

Sol-Tech sorg vir ‘n voorsprong

Sol-Tech se studente is outomaties meer indiensneembaar aangesien hulle deeglik in nuwe kennis en vaardighede opgelei is. Sol-Tech se goed opgeleide studente dra verder by om die tekort aan goed gekwalifiseerde ambagslui te vul. Die kollege lei jaarliks ’n groot aantal vakleerlinge vir verskeie industrieë op. Sol-Tech se slaagsyfer in die finale ambagstoets is tans 96%.

Buiten gehalte-opleiding, is die persoonlike ontwikkeling van studente vir Sol-Tech ook ’n prioriteit. Eerstejaarskampe, wat op persoonlike en leierskapontwikkeling gerig is, ‘n eie studenteraad, sosiale aksies en nog vele meer vorm deel van die georganiseerde studentelewe wat op kampus aangebied word. Die kollege het ’n formele studenteraad wat ’n belangrike kommunikasierol tussen lektore en studente vervul. Die studenteraad organiseer ook sosiale geleenthede vir studente.

Standbeeld alleen