regalia

Sol-Tech oudstudent, ons wil graag met jou kontak maak!

Of jy elke dag die hobbelrige pad na die Maliestraatkampus aangedurf het of die splinternuwe Monumentparkkampus meegemaak het, jy bly deel van Sol-Tech se suksesverhaal!

Sedert 2007 het duisende studente hul kwalifikasie by Sol-Tech verwerf: van die ambaggerigte beroepskwalifikasies tot die nuwer kwalifikasies in IT en vroeëkinderjare ontwikkeling.

Hier is soveel nuwe en lekker dinge op die kampus wat jy moet sien: Kom ontmoet vir Mielies ons kampushond, stap deur die werkswinkels, kom ervaar die Plaashuis (ons koshuis), die oudstudente plaatjiemuur en nog baie meer!

Ons wil jou graag nooi om saam te kom kuier by die oudstudente reünie op 4 Oktober 2025 – kom plak dan sommer self jou plaatjie teen die muur op!

Ons hoop jy en al jou ou studente vriende kan saam kom kuier – en al kan jy nie kom nie, moet jy steeds sekermaak dat ons jou regte kontakbesonderhede het – want ons het baie nuus om met jou te deel – opwindende geleenthede wat baie vir jou kan beteken in jou loopbaan. 

Maak seker jy vul jou nuutste kontakbesonderhede hier in. Ons stuur binnekort lekker nuus en reëlings van die groot reünie deur.

Onthou, môre begin vandag! 

Nog nuus