Kubersekuriteit

Kubersekuriteitpraktisyns is hoog in aanvraag om netwerke, toestelle en data te beskerm teen ongemagtigde toegang. Elke maatskappy het ‘n verpligting om sy operasionele data en kliënte se data veilig te hou, daarom is kubersekuriteit van kardinale belang vir enige maatskappy.

Meer oor die program

Die doel van die leerprogram is om studente indiensneembaar te maak as ‘n IT-kubersekuriteitpraktisyn. Kubersekuriteitpraktisyns is hoog in aanvraag om netwerke, toestelle en data teen ongemagtigde toegang te beskerm. Met die groei van die internet, toepassings (apps), aanlyn transaksies, en die Internet van Dinge (Internet of Things) word kubersekuriteit al hoe belangriker. Elke maatskappy het ‘n plig om sy operasionele data en kliënte data veilig te hou, daarom is kubersekuriteit van kardinale belang vir enige maatskappy.

Waarin word ek opgelei?

‘n Kubersekuriteitpraktisyn moet oor ‘n wye reeks relevante vaardighede in die IT -omgewing en -bedryf beskik. Die leerprogram kombineer bewese CompTIA-leereenhede wat versterk word deur spesifieke addisionele sagtevaardighede, asook ondersteunende praktiese opleiding ten einde te verseker dat suksesvolle studente goed opgelei, afgerond en indiensneembaar is.

Beroepsmoontlikhede

Tegniese bystandspraktisyn, velddienstegnikus, IT-ondersteuningstegnikus, IT-administreerder, netwerk administreerder, sekuriteitpraktisyn, sekuriteitskonsultant, sekuriteitsadministreerder, data-analis, besigheidsintelligensie-analis, rapporteringsanalis, bemarkingsanalis, kliniese analis, besigheidsdata-analis, operasionele analis, wolkprojekbestuurder, datasentrumbestuurder, wolkbesigheidsanalis, sekuriteitsanalis, kwesbaarheidsanalis, kubersekuriteitpraktisyn, penetrasietoetser, kwesbaarheidstoetser, sekuriteits analis (vlak 2), kwesbaarheidsassesseringsanalis, kubersekuriteitskenner, inligtingsekuriteitsanalis. *Afhangende of PenTest+ of CySA+ gekies word.

Watter kwalifikasie behaal jy?

Die student ontvang die basiese CompTIA-sertifiserings (sien gedeelte onder leerprogramme) asook (stackable certifications) van CompTIA indien die eksamens suksesvol geslaag word:

‘n Sol-Tech-sertifikaat word ook verwerf indien die program binne die maksimum gegewe tyd voltooi word. Internasionaal word CompTIA-kursusse deur ANSI onderskryf, aangesien dit aan ISO17024 Standaard voldoen.

Meer Inligting

  • CompTIA A+ (Core 1 en 2)
  • CompTIA N+
  • Praktiese blok-week (by Sol-Tech-kampus in Pretoria)
  • CompTIA Security+
  • CompTIA Linux+
  • CompTIA Cloud+
  • CompTIA CySA+ of CompTIA PenTest+
  • Sagtevaardighede (Entrepreneurskap; Aanpasbaarheid; Kommunikasie; Probleemoplossing; Spanwerk; Kliëntediens)
  • Ontluikende tegnologie
  • Python basiese beginsels
  • CompTIA eksamens (aanlyn of deur ‘n PearsonVue-eksamensentrum)

SAGTEVAARDIGHEDE: E-leer assessering.

COMPTIA LEEREENHEDE: Assessering vind deur middel van PearsonVUE plaas, met ‘n koeponkode wat aan die student verskaf word. Die koeponkode kan gebruik word om die assessering aanlyn of by ‘n assesseringslokaal te skryf. ‘n Geldige identiteitsdokument is nodig om die eksamen af te lê.

PRAKTIESE OPLEIDING/WERKSWINKELS:

Interne assessering vind deur middel van observasie plaas en word teen leeruitkomste en kriteria gemeet.

MAKSIMUM TYDPERK: 18 maande (sien studieooreenkoms).

PRAKTIES: 5 dae (Maandag tot Vrydag).

Suid-Afrikaanse ID-nommer (geboortesertifikaat is nie voldoende nie).

Studente kan op die eerste Woensdag van elke maand met die kursus afskop. 80% van die kursus is aanlyn met selfgerigte leer. Daar is slegs een blokweek per maand. Die blokweek kan geskeduleer word sodra die student A+ Core 1 en A+ Core 2 se CompTIA eksamens geslaag het, en N+ se leermateriaal en virtuele laboratoriums voltooi het.

Rekenaar met minimum: Windows 10 / Mac OS10.13 met ‘n 8 GB RAM, skerm met ‘n 1024 x 768 in 16-bit kleur en ‘n webcam (min. resolusie van 640×480 @10fps) met ‘n mikrofoon.

Voorgestelde konstante Internet spoed van 4 – 10 Mbps aflaai en oplaai.

Van die sertifiserings vereis voortgesette opleiding (continuous education) om geldig te bly. In hierdie geval moet leereenhede elke drie jaar hernu word.

Meer Inligting

  • CompTIA A+ (Core 1 en 2)
  • CompTIA N+
  • Praktiese blok-week (by Sol-Tech-kampus in Pretoria)
  • CompTIA Security+
  • CompTIA Linux+
  • CompTIA Cloud+
  • CompTIA CySA+ of CompTIA PenTest+
  • Sagtevaardighede (Entrepreneurskap; Aanpasbaarheid; Kommunikasie; Probleemoplossing; Spanwerk; Kliëntediens)
  • Ontluikende tegnologie
  • Python basiese beginsels
  • CompTIA eksamens (aanlyn of deur ‘n PearsonVue-eksamensentrum)

SAGTEVAARDIGHEDE: E-Leer Assessering

COMPTIA LEEREENHEDE: Assessering vind deur middel van PearsonVUE plaas, met ‘n koeponkode wat aan die student verskaf word. Die koeponkode kan gebruik word om die assessering aanlyn of by ‘n assesseringslokaal te skryf. ‘n Geldige identiteitsdokument is nodig om die eksamen af te lê.

PRAKTIESE OPLEIDING/WERKSWINKELS: Interne assessering deur observasie teen leeruitkomste en kriteria

MAKSIMUM TYDPERK: 18 maande (sien Studieooreenkoms)

PRAKTIES: 5 dae (Maandag tot Vrydag).

Suid-Afrikaanse ID nr (Geboorte sertifikaat is nie voldoende nie)

Studente kan op die eerste Woensdag van elke maand met die kursus afskop. 80% van die kursus is aanlyn met selfgerigte leer. Daar is slegs een blokweek per maand. Die blokweek kan geskeduleer word sodra die student A+ Core 1 en A+ Core 2 se CompTIA eksamens geslaag het, en N+ se leermateriaal en virtuele laboratoriums voltooi het.

Rekenaar met minimum: Windows 10 / Mac OS10.13 met ‘n 8 GB RAM, skerm met ‘n 1024 x 768 in 16-bit kleur en ‘n webcam (min. resolusie van 640×480 @10fps) met ‘n mikrofoon.

Voorgestelde konstante Internet spoed van 4 – 10 Mbps aflaai en oplaai.

Van die sertifiserings vereis voortgesette opleiding (“continuing education”) om aktief te bly. In hierdie geval moet leereenhede elke 3 jaar hernu word. Eenhede sluit in: A+, N+, Security+, Data+, Cloud+, CySA+, PenTest+, CASP+. Deurlopende opleiding programme kan deur Sol-Tech aangekoop word.

Aansoeke vir die program is NOU oop!

comptia logo