BEDRADINGSLISENSIE

Die doel van die bedradingslisensie vaardigheidsprogram is om aan ‘n gekwalifiseerde elektrisiën, meulmaker

of ‘n megatroniese tegnikus die geleentheid te bied om as ‘n installasie-elektrisiën te spesialiseer.

Meer oor die program

Die Bedradingslisensie-vaardigheidsprogram bied aan ‘n gekwalifiseerde Elektrisiën, Meulmaker of Megatroniese Tegnikus die geleentheid om as ’n installasie-elektrisiën te spesialiseer. Suksesvolle individue sal bemagtig wees om ‘n Sertifikaat van Voldoening (“Certificate of Compliance”) uit te reik vir beide kommersiële en industriële strukture. Die student moet ook twee formele eksterne eksamens voltooi wat op die SANS10142-1 gebaseer is. Hierdie eksamenvoorskrifte word deur die Departement van Arbeid (DVA) voorgeskryf.

Watter vaardighede gaan ek met die kwalifikasie aanleer?

Gedurende die opleiding sal die student die nodige kennis en vaardigheid aanleer en demonstreer om ‘n enkelfase en drie-fase installasie te beplan, inspekteer en te toets. Daar sal ook van die student verwag word om die nodige dokumentasie te voltooi wat die toetsing boekstaaf. Studente sal geleer word hoe om die Sertifikaat van Voldoening te voltooi en uit te reik in lyn met die SANS10142-1 en DVA se voorskrifte en vereistes.

MEER INLIGTING

3 Februarie 2025; 3 Maart 2025; 31 Maart 2025; 5 Mei 2025; 2 Junie 2025; 7 Julie 2025; 4 Augustus 2025 en 8 September 2025.

**‘n Geregistreerde (minimum) aantal studente word benodig om hierdie kursus te kan aanbied. Indien getalle nie voldoende vir ‘n spesifieke datum is nie, sal die kursus en studente aanskuif na die volgende beskikbare datum.

15 per inname.

Publiek: R11 100; Solidariteit-lede: R 8 880 en Sol-Tech-studente met Solidariteit-lidmaatskap: R7 770