Eerste student verwerf Beroepskwalifikasie Rooiseël

Een van Sol-Tech se studente wat heel eerste in 2021 met die toe nuut-geïmplementeerde QCTO Beroepskwalifikasie-leerprogramme begin het, het onlangs sy Beroepsertifikaat verwerf.

Garth Gates, voormalige Dieselwerktuigkundige student van die 21D03-W groep, vertel op die oggend wat hy sy sertifikaat by Ajani op kampus kom afhaal, dat hy destyds ‘n volle beurs vir sy studies vanaf Khulasonke Rebuild Pty. Ltd. in Mooinooi ontvang het, daarna sy vakleerlingskap en indiensopleiding deur hulle voltooi het en na die slaag van sy vaktoets voltyds by hulle aangestel is. Khulasonke is ‘n myn maatskappy en fokus op die herbou en diens van myntoerusting en verskaffing van parte. Grant is steeds by hulle werksaam en geniet dit baie.

Elke student wat hul sertifikaat op kampus kom afhaal mag hul naam, ambag en jaar van voltooiing op ‘n plaatjie graveer en dit dan op die toegewysde alumni-muur by Sol-Tech vasheg as blyk van erkenning van hul toewyding en harde werk ten opsigte van hul gekose kwalifikasie en loopbaanrigting.

Baie geluk Garth, ons is baie trots op jou!

Nog nuus