FINANSIES
Sol-Tech bied gehalte-opleiding in wêreldklas werkwinkels, teen die mees bekostigbare tariewe moontlik.
Vir navrae rondom tariewe:
Voornemende studente: skakel gerus 0861 999 880 of stuur ’n e-pos na [email protected]
Navrae rondom rekeninge:
Geregistreerde studente, rig rekeningnavrae aan [email protected]
Gebruik asseblief ten alle tye die student se ID-nommer en studentenommer (studentenommer soos per jou aansoek / keuringsbrief) as verwysing wanneer navrae gedoen word. Indien u geen state ontvang nie, doen asseblief ook navraag by bogenoemde e-posadres.
BANKBESONDERHEDE:
Studieverwante kostes
Rekeninghouer:
Sol-Tech Opleidingsentrum
Bank: FNB; Tjekrekening
Rekeningnommer:
623 338 573 00
Tak: Centurion
Takkode: 261550
Koshuiskostes
Rekeninghouer: K2020026115 as “Die Plaashuis”
Bank: FNB
Rekeningnommer:
631 073 368 69
Tak: Centurion
Takkode: 210554
*Sol-Tech behou die reg voor om die kostes soos nodig aan te pas.
**Sol-Tech sal jou nooit versoek om van ‘n ander bankrekening gebruik te maak nie.
Let asb. daarop dat geen student toegelaat sal word om klasse by te woon indien die
kursusgelde nie op die vasgestelde tyd betaal is nie.
STUDIELENINGS
Sol-Tech is ‘n nie-winsgewendeorganisasie en bied daarom nie self beurse en lenings aan voornemende studente nie.
Solidariteit Finansiële Dienste (SFD) staan toekomstige Sol-Tech-studente finansieel deur sakpas studentelenings by.
Voornemende studente kan tydens die aansoekproses (klik hier) aantoon in watter een van die beskikbare SFD-opsies hulle belangstel sodat SFD met hulle kan kontak maak en die nodige aansoek besonderhede vir hulle te kan bied.
Indien jy wil aansoek doen vir ‘n studielening los asb jou kontak besonderhede onder. SFD sal dadelik die aansoek besonderhede aanstuur op jou e-pos. Onthou om asb in jou “junk / spam” vouers te kyk as die e-pos nie tevinde in jou inboks is nie.
Onsuksesvolle aansoeke sal na Solidariteit Helpende Hand vir verdere moontlike ondersteuning verwys word.