GEE
Sol-Tech droom daarvan om so veel as moontlik studente se toekomsdrome deur finansiële ondersteuning waar te maak.
Sol-Tech het ten doel om jongmense se toekomsdrome deur beroepsgerigte opleiding te verwesenlik. Met Afrikaans as onderrigmedium en ’n stewige Christelike grondslag kan ons die belangrikheid van moedertaalonderrig en die ontwikkeling van waardegedrewe studente nie genoeg onderstreep nie. Ongelukkig is uitdagende finansiële tye en die tekort aan fondse om te gaan studeer ’n realiteit vir 50% van die studente wat by Sol-Tech wil kom studeer.
My studies by Sol-Tech het vir my soveel deure oopgemaak. Die firma waar ek nou werk, het my al die wêreld vol gestuur en ek voel deel van die maatskappy. Ek is baie dankbaar vir die geleenthede wat ek by Sol-Tech gekry het.
Gerhard Akker
Sol-Tech-alumnus
SOL-TECH STEL GRAAG DIE SKENKINGSFONDS BEKEND!
Deur middel van die Sol-Tech-skenkingsfonds is daar nou ’n volhoubare model geskep om skenkings te werf, uit te bou en ten bate van Sol-Tech se studente aan te wend!
Jy kan Sol-Tech deur middel van die volgende SKENKINGSMETODES help uitbou:
Studielenings
Testamentêre bemakings
Kapitaal vir uitbreiding
Spesiaal toegewysde fondse
Toevallige bydraes
Toerusting
Bydraes
Sol-Tech is ʼn hoëronderwysinstelling wat ‘n groot impak in die plaaslike en nasionale gemeenskap deur opleiding maak. Daar is tans meer as 1 200 studente op kampus waarvan baie finansiële ondersteuning nodig het.
Deur middel van hierdie skenkingsfonds is daar ʼn volhoubare model geskep om skenkings te werf wat tot voordeel van Sol-Tech se studente aangewend word.
JY KAN HELP OM STUDIEDROME TE VERWESENLIK!
*Meeste skenkings is belastingterugeisbaar, en die Sol-Tech-skenkingsfonds reik graag ʼn artikel 18A-sertifikaat in hierdie verband uit.

Ek wil graag ‘n bydrae maak.
MEER OOR DIE SOL-TECH-SKENKINGSFONDS EN ONMIDDELLIKE BEHOEFTE:
Die doel van die Sol-Tech-skenkingsfonds is om skenkings te belê, kapitaal te laat groei en uit te bou en dan die opbrengste aan te wend waar dit nodig is.
Die nuwe Sol-Tech-kampus stel ons in staat om meer studente met doelspesifieke studies te akkommodeer en tot 50% van ons studente het ’n behoefte aan studentelenings. Die befondsing wat jy bewillig kan ook as saadkapitaal vir die uitbouing van die Sol-Tech-skenkingfonds dien.
Wil jy graag meer inligting oor die Skenkingsfonds ontvang?
Voltooi gerus die vorm: