Haarkappery

Sol-Tech se beroepskwalifikasies is daarop gemik om studente uitstekend vir hul toekoms voor te berei. Die haarkapper-kwalifikasie is ‘n splinternuwe kwalifikasie wat Sol-Tech aanbied en maak opwindende geleenthede vir studente moontlik.

Meer oor die kwalifikasie

Die opleiding stel die student in staat om as ’n gekwalifiseerde haarkapper te kan werk. Haarkappers kommunikeer met kliënte, adviseer kliënte oor geskikte haarstyle en dra by tot individue se persoonlike versorging.

Waarin word ek opgelei?

’n Haarkapper spesialiseer in die versorging, behandeling en instandhouding van kliënte se hare. Hierdie dienste sluit in: die behartiging van hare- en kopvelbehandelings; die sny en stileer van hare; die kleur, permanente krul of chemiese reguit maak van hare; asook die hantering van haarverlengings in ’n professionele, veilige en omgewingsvriendelike manier.

Watter vaardighede gaan ek aanleer?

Watter kwalifikasie behaal jy?

Inname datums 2025

Februarie en Junie, 30 studente per inname

Meer Inligting

Ongeveer 36 maande*.

Bestaande uit ongeveer 18 maande geïntegreerde teorie en prakties en ongeveer 18 maande werksgeïntegreerde leer by ’n goedgekeurde salon.

*Fooie asook inname datums en duur van studie is onderhewig aan verandering na gelang van departementele wysigings, regulatoriese bepalings en ekonomiese omstandighede. QCTO prosedures en prosesse kan die durasie beïnvloed.

  • Gr. 12
  • Deurlopende formatiewe teoretiese assesserings sowel as praktiese evaluasies.
  • Interne teoretiese en praktiese geïntegreerde assessering (FISA).
  • Saamstel van ’n teoretiese en praktiese portefeulje vir evaluasie deur ‘n assessering gehalte vennoot (Dienste SETA).
  • Eksterne geïntegreerde summatiewe assessering (EISA) bestaan uit ‘n geskrewe vraestel en een tot twee dae praktiese demonstrasies van
    vaardighede by ’n geakkrediteerde vaktoetssentrum. Om die kwalifikasie te behaal moet die EISA geslaag word.

Skoolverlaters wat as ’n gekwalifiseerde haarkapper wil werk. Ook individue wat reeds in ’n salon of vir hulleself werk maar ’n formele kwalifikasie wil bekom.

Laai gerus die salon toerustinglys hier af.