HUIDIGE STUDENTE
Ontmoet die
Studenteraad vir 2025

Belangrike datums
Promoveringsplegtighede 2025:
- 6 Februarie
- 5 Junie
- 11 September
- 16 Oktober
Eerstejaarskampe 2025:
- 16 & 17 Januarie
- 10 & 11 April
- 12 & 13 Junie
- 18 & 19 September
Koshuis Oriëntering 2025:
- 11 Januarie 2025 (Inname 1)
- 05 April 2025 (Inname 2)
- 07 Junie 2025 (Inname 3)
- 13 September 2025 (Inname 4)
promoveringsplegtigheid
Die Sol-Tech-promoveringsplegtigheid is ’n prestige geleentheid wat aan studente, wat hul teoretiese en praktiese opleiding suksesvol voltooi het, die gepaste erkenning gee.
Die geleentheid vier dus die studente se promovering tot die werksplek. Dit vind eenmalig plaas voordat die studente uitgeplaas word om hul werksplekkomponent by die werkgewer te voltooi. Let wel dat hierdie nié ‘n rooiseëlgeleentheid is nie.
Kwalifiserende studente ontvang ’n formele uitnodiging en inligtingsblad per e-pos.
Die uitnodiging word 4-6 weke voor die promoveringsplegtigheid na die student se @studente.sol-tech.co.za asook POPIA e-pos adres gestuur.
Weens die finalisering van punte kan die uitnodiging nie vroeër uitgestuur word nie. Ouers word daarom sterk aangeraai om nie enige lugvaart/vervoer reëlings te tref voordat die student ’n formele uitnodiging ontvang het nie.
- Twee gaste per student kan in persoon die geleentheid bywoon.
- Die geleentheid word ook aanlyn lewendig uitgesaai (YouTube). Die skakel vir die uitsending word op die dag van die geleentheid op ons Facebookblad geplaas.
- Togas en skouerbande word gratis aan studente beskikbaar gestel op die dag van die geleentheid.
- Gordon Harris fotograwe behartig alle foto’s tydens en na afloop van die funksie. Bestellings, navrae, en afhaal van alle foto’s kan direk by Gordon Harris gedoen word. Bestellings neem ongeveer 30 werksdae. ‘n SMS boodskap word gestuur sodra ’n bestelling gereed is.
Gordon Harris Fotograwe:
Kontaknommer: +27 12 430 3725
Epos: [email protected]
Webtuiste: www.ghphoto.co.za
Adres: 1337 Stanza Bopape Street, Hatfield, Pretoria
Vonkfees studentepret
Die Sol-Tech-studente neem jaarliks aan die Vonkfees deel.
Die studente bou hul eie kaskarre en hou dan resies – alles vir ‘n goeie doel.
Dit is vet pret en verseker ‘n unieke studentebelewenis.