INTERNETHANDELAARSVEREISTES – UITEENSETTING
Gedetailleerde beskrywing van goedere en/of dienste
Die Kampus Trust IT 1807/12 is ‘n Openbare Weldaadssorganisasie wie se mandaat is om fondse in die onderwyssektor te mobiliseer wat private onderwysinstellings soos Akademia, Sol-Tech en die Skoleondersteuningsentrum sal bevoordeel.
Versoek Beleid
Versoeke vir ‘n artikel 18A sal binne 3-5 werksdae vanaf die datum waarop betaling in rekening reflekteer verwerk word; andersins een keer per jaar vir die vorige belastingseisoen.
Kliënt Privaatheidsbeleid
Sol-Tech Skenkingsfonds sal alle redelike stappe neem om die persoonlike inligting van gebruikers te beskerm. Vir die doel van hierdie klousule sal “persoonlike inligting” gedefinieer word soos in die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting 2 van 2000 (PAIA) uiteengesit. Die POPI-wetgewing kan afgelaai word vanaf: http://www.polity.org.za/attachment.php?aa_id=3569
Betalingsopsies
Betaling kan via Visa-, MasterCard-, Diners- of American Express-kaarte of per bankoorplasing in die Sol-Tech Skenkingsfonds-bankrekening gemaak word, waarvan die besonderhede op versoek verskaf sal word.
Kaartverkryging en sekuriteit
Kaarttransaksies sal vir Kampus Trust verkry word via PayGate (Edms) Bpk. wat die goedgekeurde betaalpoort vir alle Suid-Afrikaanse Verkrygingsbanke is. PayGate gebruik die strengste vorm van enkripsie, naamlik Secure Socket Layer 3 (SSL3) en geen kaartbesonderhede word op die webwerf gestoor nie. Gebruikers kan na www.paygate.co.za gaan om hul sekuriteitsertifikaat en sekuriteitsbeleid te sien.
Kliëntbesonderhede apart van kaartbesonderhede
Sol-Tech Skenkingsfonds sal kliëntbesonderhede apart van kaartbesonderhede, wat deur die kliënt op PayGate se veilige webwerf ingevoer word, stoor. Vir meer besonderhede oor PayGate verwys na www.paygate.co.za
Transaksiegeldeenheid
Suid-Afrika is die land van die handel ten tye van die aanbieding van betalingsopsies aan die kaarthouer. Die transaksiegeldeenheid is Suid-Afrikaanse Rand (ZAR).
Verantwoordelikheid
Sol-Tech Skenkingsfonds neem verantwoordelikheid vir alle aspekte wat met die transaksie verband hou, insluitend kliëntediens en ondersteuning.
Land van domicile (woonplek)
Hierdie webwerf is onderskryf aan en word beheer deur die wette van Suid-Afrika en Sol-Tech Skenkingsfonds kies as sy domicilium citandi et executandi vir alle doeleindes kragtens hierdie ooreenkoms, hetsy ten opsigte van hofproses, kennisgewing, of ander dokumente of kommunikasie van watter aard ook al, Duinlewerikstraat 16, Monumentpark X15 , Pretoria, 0105.
Verandering
Sol-Tech Skenkingsfonds kan hierdie ooreenkoms of enige deel daarvan te eniger tyd na eie goeddunke en sonder kennisgewing verander.
Maatskappyinligting
Hierdie webwerf word bestuur deur Kampus Trust (openbare weldaadorganisasie) gebaseer in Suid-Afrika en wat handel dryf as die Sol-Tech Skenkingsfonds.
Kampus Trust kontakbesonderhede
Sol-Tech
Duinlewerikstraat 16,
Monument Park X15,
Pretoria,
0105
E-posadres: [email protected]
Selfoonnommer: 082 406 2869 of 079 759 2001