Koshuisverblyf

Die Plaashuis, Sol-Tech se 400 bed-koshuis, is ’n klipgooi van die Sol-Tech-kampus af en word deur ’n veilige voetgangersbrug direk met die kampus verbind.
Die Plaashuis waarborg ’n unieke en verantwoordelike studentelewe vol pret. Saam met Sol-Tech se gehalte opleiding word ’n gebalanseerde
leerervaring soos min gebied.
Doen vandag nog aansoek vir koshuisverblyf!




Voornemende studente kan na die volgende geriewe by die Plaashuis uitsien:
- Gerieflike goed-toegeruste deelkamers (vir twee persone), wat ’n bedbasis en studeerarea vir elkeen insluit. Die kamers is ten volle met ’n enkelbed, matras, lessenaar, stoel en ingeboude kas toegerus. Daar is spasie in die kas vir 'n 92 liter-yskassie (542mm x 920mm).
- Die student bring slegs sy/haar eie beddegoed en klere saam.
- Mans- en damesstudente sal in aparte blokke tuis gaan.
- ‘n Waskamer met was-, droog- en strykgeriewe.
- Die kafeteria op kampus (die Kraal), sal gebalanseerde lekker etes (en studente kos) voorsien.
- ‘n Wegneemete-kiosk sal etes om die hongerpyne te stil voorsien.
- ‘n Buitelug gimnasium maak oefen moontlik.
- In en rondom die swembad sal studente kan afkoel en na ’n lang dag van hard werk en leer kan ontspan.
- Sportvelde gaan geleentheid vir kragte meet met onder andere rugby en ander sport byeenkomste moontlik maak.
- Binnenshuise speletjies soos veerpyltjies, tafeltennis en snoeker gaan in die vermaakarea aangebied word.
- Die braai- en bomakuierarea sal dié plek wees waar studente ‘n lekker vleisie op die kole kan braai en by die “die Watergat” kan keel natgemaak word.
- Tentatiewe kostes vir 2024 beloop ongeveer R7 200-00 per maand.
Die Plaashuis waarborg ‘n unieke studentelewe:
Studente kan uitsien na ‘n unieke Sol-Tech studentelewe met hope studentepret soos sport, sosiale geleenthede, vonkfees, gemeenskapsprojekte en kultuurervarings.
Die HK (huiskomitee) sal uit studente bestaan wat verskeie portfeuljes sal beklee en die bestuur van die Plaashuis ondersteun.
Die Plaashuis is sentraal geleë:
Die kampus en koshuis is naby hooftoegangsroetes (die N1 en R21), naby aan verskeie winkelsentrums (met kos- en klerewinkels, banke, dokters, apteke, restaurante, ‘n vulstasie en dienssentrums, gimnasium en dies meer).
- Die OR Tambo lughawe is slegs 30 minute, of 42 km se ry van die kampus af.
- Veilige parkering is op die perseel beskikbaar.
- 24 uur sekuriteit en toegangsbeheer verseker veiligheid vir die studente.
Inni
Plaashuis
voel almal tuis
Bekendstelling van die bouprojek van die Plaashuis
Sol-Tech en Kanton stel eie koshuis bekend
Sol-Tech en Kanton het op 23 Februarie 2024 amptelik die koshuis vir Sol-Tech-studente op die bouperseel in Monumentpark in Pretoria bekendgestel. Hierdie …
Indien jy graag op die verspreidingslys vir meer inligting oor die koshuis geplaas wil word, los gerus jou besonderhede hier (vorm word ingevul).